Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

28.8.24

Inkontinensie

Inkontinensie is die onvermoë om urien of ontlasting in te hou.

Daar word normaalweg onderskei tussen twee soorte inkontinensie; druklek-inkontinensie (stress incontinence) en paradoksale inkontinensie.

Druklek-inkontinensie is spasmodiese inkontinensie weens intraäbdominale druk. Die drukking word veroorsaak omdat daar onvoldoende afsluiting is. Die hoofoorsaak van onvoldoende afsluiting is meesal swangerskap en kraam.

Rookgewoontes, oorgewig, hardlywigheid en asemhalingsprobleme kan druklek-inkontinensie vererger.

Aanvanklik mag die lek van slegs enkele druppels uriene voorkom wanneer die lyer byvoorbeeld hoes of nies, terwyl enige fisiese inspanning uiteindelik tot urienvloei kan aanleiding gee.

Indien jy vermoed dat jy daaraan ly moet jy ´n dokter gaan spreek.

Paradoksale-inkontinensie kom voor weens die chroniese oorvulling van die blaas.

1 comment :

  1. Anonymous18/1/11 22:41

    This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete