Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van impotensie. Wetenskaplike navorsing het reeds bevestig dat die plant testosteroonvlakke kan verhoog (Ebrahim & Pool, 2010).
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink. Navorsers stel voor dat hierdie aftreksel effektief gebruik kan word deur dit 2 ure voor seksuele omgang te drink. Hulle het ook bevind dat dit effektief kan bly vir 4 tot 6 ure. (Ojewalo, 2007)
(Ebrahim, M & Pool, EJ. The effect of Tulbaghia violacea extracts on testosterone secretion by testicular cell cultures. Journal of Ethnopharmacology. 2010)
(Ojewole, JAO. African traditional medicines for erectile dysfunction: elusive dream or imminent reality. Cardiovascular Journal of Africa. 2007)
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Artem Podrez)
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 156 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment