Hormoonvervangingsterapie (HVT) skakel die simptome van menopouse uit, help met vaginale droogheid, vul verlore estrogeen aan en verlaag die risiko van osteoporose en hartsiektes.
Estrogeen kan per pil geneem word, met 'n plakkertjie, deur 'n inplanting elke ses maande of deur 'n jel wat op die vel gevryf word.
HVT hou wel risiko's in. Die risiko van baarmoeder- en borskanker neem toe. Vroue met 'n geskiedenis hiervan moet HVT vermy.
Vroue kan ook baat vind by plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fitoëstrogeen) bevat. Kruie bekend as adaptogene en homeopatiese middels soos Sepia en Pulsatilla is baie gewild.
Om te bepaal of hormoonterapie 'n goeie behandeling vir jou is, praat met 'n dokter oor jou individuele simptome en gesondheidsrisiko om lastige menopousale simptome te hê, hersien behandelingsopsies op 'n gereelde basis met jou dokter.
Ek is nou 57 j oud en het 18 jaar gelede ‘n histerektomie gehad. Twee jaar later is ook alby my eierstokke verwyder. Sederdien gebruik ek Climara 100 plakkers.
ReplyDeleteKan ek ophou met die HVT en indien ek ophou wat sal die gevolge wees?
Baie dankie vir u antwoord
Hi daar!!!!
ReplyDeleteIs 35jaar en dokter het my hormone getoets en bevind dat my estrogeenvlak 3 is. Hy het ook getoets om uit te vind of ek nie in vroee menopause is nie maar uitslag was negatief. Wat veroorsaak lae estrogeenvlak en kan mens swanger raak so???????Is daar n boereraad vir lae estrogeenvlak?
Hi
ReplyDeleteEk is 52. Vroee menopause, lank reeds verby. My ma 2 mastektomies gehad en oorlede. Ek het 18 jaar gelede historektomie gehad. Gebruik nou vir 8 jaar Livifem. Mammogram wys nou verskeie SISTS in albei borste. Radioloog beveel aan dat ek net elke 2 de dag Livifem moet gebruik. Wat nou? Is daar 'n alaternatief?(boereraat)
Goeiedag,
ReplyDeleteEk wil net weet of ek begin met my menopause, ek is 44 jaar oud. Ek kry ook hartkloppings, my lyf pyn, en voel van balans af, soos bv: as ek loop voel dit of ek heeltyd wil omval. Ek kry ook tipe van hitte gloede, en ek het nou al vir 3 maande nie gemenstrueer nie.
Ek hoop u kan vir my se of dit die begin van menopause is asb.
Dankie
Dit kan die begin wees van menopousde, maar dit kan ook simptome van iets anders wees. Gaan vir 'n ondersoek om seker te maak.
ReplyDeleteGoeie more
ReplyDeleteEk is 45 en my ginekoloog het my op Ovral aangesien my liggaam nie estrogeen vervaardig nie.
Nou sê my GP dis heeltemal mal dat ‘n vrou van 45 op Ovral is en het hy my nou op Climen. Ek weet nie hoekom kan ek nie op Ovral wees nie, wat is die verskil?
Sal iemand my asb kan antwoord?
Baie dankie
Ek is 53 jaar is al 27 jaar gesterliseer -kry nou al 4 maande nie meer maandstondes nie maar dink ek gaan in menopause- op die stadium baie hitte gloede -nagsweet -sukkel om te slaap- baie geiiriteerd- baie moeg gedurende die dag- sukkel met die gewig - prikkels in my voete en tone - geen medies nie is daar iets wat ek by die Apteek oor die toonbank kan bekom?
ReplyDeleteHet jy in die artikel gesien dat jy homeopatiese middels soos Sepia en Pulsatilla kan prober? Jy moet ook soja, vinkel en kool by jou diet insluit, dit help met die gloede.
DeleteHello ek is 36jr oud en het n operasie gehad waar hulle my baarmoeder en eierstokke verwyder het. Ek kry nou verskriklike gloede en nagsweet wat kan ek gebruik
ReplyDelete