Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Hormone. Show all posts
Showing posts with label Hormone. Show all posts

5.7.13

Vrae oor estrogeen

Mev. F skryf: "Ek is 'n vrou, 35 jaar oud, en wil net graag weet wat die simptome is van te min estrogeen. Ek het al lankal 'n probleem (soos 'n menopousale vrou) van 'n droogheid by my vagina en met my eerste swangerskap in 2001, het die ginekoloog vir my 'n salf voorgeskryf omdat my estrogeenvlak te laag was. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie. Tans moet ek KY jellie gebruik elke keer met gemeenskap. Dit is tog nie normaal nie, maar sonder die jellie, is dit baie pynlik. Ons woon ver van dokters en ginekoloë af en daarom sou ek graag net wou weet wat u dink my probleem kan veroorsaak. Ek vermoed nou maar die estrogeen, maar weet nie of dit dit is nie.
Baie dankie"
Antwoord: Die mees algemene simptome van estrogeenvlakke wat afneem is warm gloede en nagsweet. Hoofpyn, duiseligheid, slaaploosheid en kalsiumverlies is ook simptome. Minder aangename simptome is inkontinensie en 'n droër vagina. Laasgenoemde twee kom voor wanneer jy reeds lank 'n lae estrogeenvlak het. Hartsiektes is 'n ernstige simptoom.
Indien jy wil weet of jy dalk jou menopouse begin bereik moet jy die dokter vra vir 'n bloedtoets om jou follikelstimulerende hormoonvlak te toets. 'n Hoë vlak dui op menopouse.
Dit klink in jou geval soos 'n probleem met die estrogeenvlak. Die salf was waarskynlik 'n jel wat estrogeen bevat het. Vra jou dokter oor 'n urogenitale ring en of hy dink jy sal kan baat by so 'n inplanting. Intussen kan jy oplees oor plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fito-strogeen) bevat en kruie bekend as adaptogene en hoe dit jou van hulp kan wees. Miskien kan jy hierdie probleem op 'n natuurlike manier oplos.
Liza Nienaber skryf: "Ek wil weet hoe behandel hul 'n vrou as haar estrogeen hoog is en kan sy swanger raak, het dit 'n invloed"
Antwoord: Die spesifieke behandeling sal afhang van die oorsaak van jou hoë estrogeenvlak, m.a.w. is dit veroorsaak deur byvoorbeeld voorbehoedmiddels of is dit bloot jou natuurlike vlak wat te hoog is. Jy sal waarskynlik medikasie ontvang in tabletvorm.
Te veel estrogeen sal bevrugting makliker maak, maar kan inplanting van die bevrugte eiersel bemoeilik. 'n Hoë estrogeenvlak tydens swangerskap is normaal.


25.6.12

Menopouse


Lizette skryf: "Ek is 48 jaar oud. My hormone is getoets met bloedtoets en uitslag was hormone is bietjie laag. Dr. niks gesê of gedoen nie. Kry hartkloppings, gejuk voor menstruasie of voor oveleer, slaap omtrent niks, vaginale droogheid, menstruasie nou baie na dit net 2 dae was en het reeds weggebly vir 2 weke toe begin dit. Wat moet ek doen of gebruik? Kry soms hittegloede en glad nie lekker om al daai goed te beleef. Veral min slaap dit put my uit."

Antwoord: Normaalweg behoort hierdie simptome oor 2 jaar verby te wees. Jou laer estrogeenproduksie gee aanleiding tot die verskeie simptome. Indien jy 'n familiegeskiedenis van hartsiektes of osteoporose het moet jyHormoonvervangingsterapie (HVT) met jou dokter bespreek. Jy kan ook 'n homeopaat oorweeg. Vir warm gloede kan jy die volgende by jou dieet insluit: soja, vinkel en kool.



Elaine van Aswegen skryf:
"Ek kry koud maar die sweet loop my af dit is so erg dat ek nie in die aand wakker skrik dan is my klere nat wat kan verkeert wees ek voel nou al selfbewus ek wil nie eens meer in die aand langs my liefde lê nie."

Antwoord:
Ek sou voorstel jy laat kyk na jou hormoonvlakke. Kan die aanvang van menopouse wees of 'n hormoonwanbalans indien jy nog nie oud genoeg is nie.

Christell Beyers skryf:
"Ek is 40 jarige dame. Presenteer die afgelope maand en 'n half met erge moegheid, oormatige sweet. My huisdokter het bloedtoetse aangevra en die enigste abnormaliteit was 'n hoë bloedbesinking telling van 40. Ek wil net weet waarvan is dit 'n aanduiding as daar geen infeksie is nie, wat anders kan die oorsaak wees."

Antwoord:
Ek sou voorstel jy laat kyk na jou hormoonvlakke. Kan die aanvang van menopouse wees.


10.8.09

Hormoonvervangingsterapie (HVT)

Hormoonvervangingsterapie (HVT) skakel die simptome van menopouse uit, vul verlore estrogeen aan en verlaag die risiko van osteoporose en hartsiektes.

Estrogeen kan per pil geneem word, met 'n plakkertjie, deur 'n inplanting elke ses maande of deur 'n jel wat op die vel gevryf word.

HVT hou wel risiko's in. Die risiko van baarmoeder- en borskanker neem toe. Vroue met 'n geskiedenis hiervan moet HVT vermy.

Vroue kan ook baat vind by plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fito-strogeen) bevat. Kruie bekend as adaptogene en homeopatiese middels soos Sepia en Pulsatilla is baie gewild.