Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.7.13

Vrae oor estrogeen

Mev. F skryf: "Ek is 'n vrou, 35 jaar oud, en wil net graag weet wat die simptome is van te min estrogeen. Ek het al lankal 'n probleem (soos 'n menopousale vrou) van 'n droogheid by my vagina en met my eerste swangerskap in 2001, het die ginekoloog vir my 'n salf voorgeskryf omdat my estrogeenvlak te laag was. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie. Tans moet ek KY jellie gebruik elke keer met gemeenskap. Dit is tog nie normaal nie, maar sonder die jellie, is dit baie pynlik. Ons woon ver van dokters en ginekoloë af en daarom sou ek graag net wou weet wat u dink my probleem kan veroorsaak. Ek vermoed nou maar die estrogeen, maar weet nie of dit dit is nie.
Baie dankie"
Antwoord: Die mees algemene simptome van estrogeenvlakke wat afneem is warm gloede en nagsweet. Hoofpyn, duiseligheid, slaaploosheid en kalsiumverlies is ook simptome. Minder aangename simptome is inkontinensie en 'n droër vagina. Laasgenoemde twee kom voor wanneer jy reeds lank 'n lae estrogeenvlak het. Hartsiektes is 'n ernstige simptoom.
Indien jy wil weet of jy dalk jou menopouse begin bereik moet jy die dokter vra vir 'n bloedtoets om jou follikelstimulerende hormoonvlak te toets. 'n Hoë vlak dui op menopouse.
Dit klink in jou geval soos 'n probleem met die estrogeenvlak. Die salf was waarskynlik 'n jel wat estrogeen bevat het. Vra jou dokter oor 'n urogenitale ring en of hy dink jy sal kan baat by so 'n inplanting. Intussen kan jy oplees oor plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fito-strogeen) bevat en kruie bekend as adaptogene en hoe dit jou van hulp kan wees. Miskien kan jy hierdie probleem op 'n natuurlike manier oplos.
Liza Nienaber skryf: "Ek wil weet hoe behandel hul 'n vrou as haar estrogeen hoog is en kan sy swanger raak, het dit 'n invloed"
Antwoord: Die spesifieke behandeling sal afhang van die oorsaak van jou hoë estrogeenvlak, m.a.w. is dit veroorsaak deur byvoorbeeld voorbehoedmiddels of is dit bloot jou natuurlike vlak wat te hoog is. Jy sal waarskynlik medikasie ontvang in tabletvorm.
Te veel estrogeen sal bevrugting makliker maak, maar kan inplanting van die bevrugte eiersel bemoeilik. 'n Hoë estrogeenvlak tydens swangerskap is normaal.


5 comments :

  1. Anonymous29/8/13 14:15

    Ek is jammer ek skryf ook nou ook op die blog maar het ook n vraag, ek was in April by n ginekiloog en hy het vi my Minerva voor gskryf want ek het gladi my maanstondes gkry ni, en vandat ek Minerva gbruik is dit terug en is baie baie bly, maar ek wil weet omdat eki dit vi so n lang tyd ghad heti, sal ek nogsteeds kinders kan kry en al sulke lekker dinge? Ek is 21 en ongtroud maar ek wil graag eendag kindertjies he,
    die Ginekiloog het gse ek het P.cos of so iets kan iets asb help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous29/8/13 14:54

      PCOS beteken dat jy polisistiese ovaria het. Jy is nie alleen nie, ongeveer 1 uit elke 15 vroue sukkel hiermee. Dit kan swangerskap bemoeilik en gooi jou hormone uit balans uit, maar dit sluit nie swangerskap uit nie. Dis veral 'n goeie teken dat jy nou menstrueer. Wat jy kan doen is om gereeld oefening te kry, gesond te eet en jou gewig onder beheer te hou.

      Lees ook hier:

      http://www.boererate.com/search/label/Ovaria

      Delete
  2. Goeie more
    Ek kry hormoon inplanting en as dit uitgewerk het kry ek so drukking op my bors (nie dat dit pynlik is nie) is dit normaal? Ek gaan gereeld elke 4 maande dalk moet ek die inplanting tyd perk korter maak om die drukking te ver minder
    Dankie

    ReplyDelete
  3. Anonymous23/8/23 05:31

    Ek wil weet of my estrogeen vlake laag is met omgaan skeur ek elke keer en dit is pynlik bloei nie word weer self gesond in so 2 tot 3 dae

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/8/23 10:32

      Daar kan 'n verband wees. Dit mag wees dat dit nie voldoende smering veroorsaak nie. Die aanname is dat dit nooit voorheen met jou gebeur het nie.

      Delete