Anoniem skryf:
"My babas het altwee "cradle cup" gekry ... sulke doppe aan hulle koppies. Wat veroorsaak dit en wat kan mens doen om dit weg te kry?"
Suster:
Die oorsaak van "cradle cap" is nie bekend nie, maar daar word vermoed dat ´n tekort aan sink ´n invloed kan hê. As die probleem nie te erg is nie kan jy ´n 2% oplossing van koeksoda aansmeer om dit sag te maak en dan met ´n sagte sjampoe te was. In erger gevalle kan jy ook ´n salfie by jou apteker kry wat bestaan uit: liq. picis. carb. 2%, salicylic acid 2% en vaseline. Dit smeer jy in die oggend aan, was die hare en smeer weer aan na die was. Ek hoop die raad help!
No comments :
Post a Comment