Anoniem skryf: "Ek was nie imuun teen Duitse Masels nie, ek het vir my inspuiting gegaan en mag nou vir 3 maande lank nie swanger raak nie, wat sal gebeur indien ek wel binne die volgende 3 maande swanger raak, sal dit die baba affekteer?"
Antwoord: Ja, dit hou 'n wesenlike gevaar in vir die ongebore kind. In die ergste gevalle moet die fetus geaborteer word.
Yvonne Lessing vra: "Wanneer steek dit aan?"
Antwoord: Dit is baie aansteeklik wanneer die uitslag net begin wys, maar jy kan ook aansteek sewe dae voor en sewe dae na die uitslag.
Mariska Pool skryf: "My seuntjie is 9mnde en het tans duitse masels. Ek het dit gehad toe ek 8mnde oud was, kan ek dit weer kry?"
Antwoord: Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.
Amari skryf :
Wat is die verskil tussen masels en duitse masels?
Antwoord :
Dit is twee verskillende siektes veroorsaak deur twee verskillende virusse. Duitse masels is 'n ligte uitslag en is selde skadelik vir kinders, hoewel dit uiters gevaarlik is vir vrouens tydens swangerskap. Masels is meer ernstig en duur langer. Oorinfeksie en longontsteking is moontlike komplikasies tydens masels.