DP skryf:
"Ek het die
probleem nou al vir 2.5 jaar, Ek het bloed in my semen, Ek is nou 41 jaar oud .
Ek het dit 2.5 jaar gelede ontdek toe ek en my vrou kondome gebruik het na my
dogtertjie se geboorte. Ek was nou al by drie uroloë en hulle kon my nie help
nie, ek het kanker toetse onder gaan vir die prostaat en ‘n piëlogram en proktoskopie
maar die uroloog kan nie sê wat presies die probleem is nie. Die eerste uroloog
wil my prostaat verwyder, toe sê ek hy moet warm plek toe gaan, Ek het nou al n
vasektomie laat die November laas jaar en ook al die toets maar daar was nie n
antwoord nie. Weet jy dalk van soortgelyke probleme en of daar enige medikasie
is wat voor gestel kan word, Die laaste uroloog reken dit is n aartjie wat in
die prostaat bars wanneer ek kom. Ek hoop jy kan help."
Dokter C:
Die goeie nuus is dat,
terwyl mens jou boeglam skrik, dit selde baie ernstig is. Die laaste uroloog is
waarskynlik reg. In meeste gevalle is dit 'n aartjie wat beskadig is in die
prostaat of urienbuis. In meeste gevalle los die probleem homself op. Langer as
twee jaar klink egter bietjie lank.
Soos jy self agterkom is die probleem dat dit besonder moeilik is om die bron van bloeding op te spoor. Daar word gewoonlik gekyk na moontlike oorsake. Dit sluit in:
Soos jy self agterkom is die probleem dat dit besonder moeilik is om die bron van bloeding op te spoor. Daar word gewoonlik gekyk na moontlike oorsake. Dit sluit in:
- prostaatkanker - jy weet gelukkig jy
is skoon
- 'n
beskadigde aartjie in die prostaat of urienbuis - gewoonlik die geval
- 'n urienweginfeksie
- prostatitis
(inflammasie van die prostaat)
- 'n
seksueel oordraagbare siekte
- vergroting van die prostaat
- skade tydens 'n operasie - jy het mos geen operasie daar gehad voor dit begin het nie
- skade aan jou testikels of prostaat
Hoop bogenoemde was van
hulp en dat julle die ding se gat sal skop.
No comments :
Post a Comment