Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.1.18

Kunsmatige eierstokke in die toekoms

Belgiese navorsers aan die Université Catholique de Louvain het aan die einde van 2017 belangrike vordering gemaak in ’n stap om kunsmatige eierstokke te skep. Sodra hulle pogings suksesvol is sal daar hoop wees vir vroue wat onvrugbaar is en kankerpasiënte wat graag kinders wil hê, maar nie kan nie as gevolg van bestraling.

Die navorsingspan het ’n proteïenformulering geïdentifiseer wat baie ooreenstem met die struktuur en rigiditeit van die natuurlike weefsel van ’n vrou se eierstokke en wat dit so kan naboots dat dit die groei van follikels, waarbinne die eiersel woon, kan ondersteun.

Vir kankerpasiënte is daar reeds behandeling wat dit moontlik maak om ’n vrou se eierstokweefsel te stoor en dit weer in haar liggaam oor te plant sodra haar kankerbehandeling voltooi is of wanneer sy in remissie gaan. Dit het reeds 130 vroue gehelp om swanger te raak en geboorte te skenk. Sulke behandeling word egter nie aanbeveel vir pasiënte wat ’n risiko het vir kwaadaardige selle in hul bevrore eierstokweefsel nie.

Die navorsing is onlangs gepubliseer in Springer's Journal of Assisted Reproduction and Genetics.

No comments :

Post a Comment