Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Vasektomie. Show all posts
Showing posts with label Vasektomie. Show all posts

18.5.09

Vasektomie

'n Vasektomie is 'n operasie waarby die saadbuis van 'n man verwyder word om hom onvrugbaar te maak.


Anoniem skryf: "My man het 3 weke terug gegaan vir 'n vasektomie en 'n paar dae na die prosedure het die dokter hom geskakel en aan hom bevestig dat die regterkantse buis nie die korrekte buis is wat verwyder is nie. Wat is my kanse op swangerskap na so iets. Ek was nie ten gunste van die hele operasie nie, en hy is nadese baie spyt dat dit gedoen is. Is daar hoop om swanger te raak met net een buis. Help my ek's desperaat!"
Antwoord: "Daar is hoop, julle sal moet uitvind wat sy spermtelling is. Jy het normaalweg net een testes nodig vir bevrugting. En indien daar nie genoeg vrugbare sperm deurkom nie kan jy swanger raak deur sy daad met 'n eenvoudige operasie te laat onttrek en jou daarmee te bevrug."


Boerseun skryf:
"Ek hoop jy sal my raad kan gee. Ek is 'n 46 jarige man. Ek het in my kinderdae pampoentjies gehad wat na my knaters afgesak het en een bal het verskriklik geswel en daarna nooit verder ontwikkel nie. Dit is omtrent die groote van 'n ertjiepit maar uiters gevoelig. Ek het nogtans 2 gesonde kinders verwek maar ons voel dat ons nie verder kinders wil hê nie en omdat my vrou hormoonprobleme het is sy van die pil af. My rewers is nie altyd so betroubaar nie (gly partymaal op fyndraai) en daarom oorweeg ek 'n vasektomie. Ek sal graag wil weet wat hulle alles uithaal en hoe die proses werk. Ek het al gelees dat mans impotent kan raak na so 'n operasie, waarvoor ek nie kans sien nie want skiet my liewer dood as ek nie meer kan jags raak en stokstyf word nie. Ek verstaan ook dat hulle na 6 weke toets of jy onvrugbaar is. Hoe kry hulle dan saad om te toets?"
Marthie van Zyl:
Jong, ek beskik oor n mate van kennis rondom jou vraag, maar ek is NIE n UROLOOG nie...... Gaan sien asseblief 'n Uroloog vir 'n vasektomie. Daar is wel huisdokters wat ook die tipe operasie doen, maar siende dat dit 'n baie delikate deel van 'n man se anatomie behels, sou ek BESLIS aanbeveel dat jy niemand anders as 'n uroloog gaan sien nie.
Daar is verskillende maniere waarop die operasie gedoen word, bind/knip/brand of verwyder die saadbuise. Na afloop van die operasie funksioneer enige man presies net soos voor die tyd ... met uitsondering van die feit dat hy dan net nie meer vrugbaar is nie. Jy sal dieselfde hoeveelheid "saad" stort soos voorheen, dit sal net onvrugbaar wees, die gevoel, ervaring en die daad in geheel verander GLAD NIE na 'n vasektomie nie, net die vrugbaarheid word beïnvloed.
Ja, jy moet getoets word na 'n vasektomie, want as ek dit nou reg het, het party mans meer as net twee saadbuise en dan natuurlik kan daar ander mediese redes ook wees. Wees dus nie bevrees nie, na ses weke sal daar meer as genoeg "saad" gestort word om getoets te word vir vrugbaarheid, al dan nie. (of dit steeds bekend staan as saadstorting na 'n vasektomie, kan ek nie met alle sekerheid sê nie).

George Davids skryf:
"Watter invloed het 'n vasektomie op die hormoonbalans van 'n man? Die rede hoekom ek dit vra is dat ek van twee persone weet wat 'n vasektiomie ondergaan het en nou jare later op ouderdomme wat wissel tusen 55-65 moet hulle testosteroonaanvullings kry."
Antwoord:
Studies toon dat 'n vasektomie nie die vlakke van testosteroon by mans affekteer nie. Die vlak van testosteroon neem af met ouderdom. Studies toon wel dat 'n vasektomie die tempo van afname verminder.

WA skryf:
"Wat ek net graag wil weet is ek en my man is nou 13 jr getroud. Ons het 2 kinders 12 en 9. My man het 5 maande na ons laaste kind ´n vasektomie gehad. Hy het nooit teruggegaan om getoets te word nie. Is dit moontlik dat ek na 9jr by my man kan swanger raak. O ja, ek is amper 30 en my man 35."
Suster:
Vir die wat nie weet nie: ´n Vasektomie is ´n operasie waarby die saadbuis van ´n man verwyder word om permanente onvrugbaarheid te verkry.
Dit is baie onwaarskynlik dat jy na 9 jaar sal swanger raak. Dit is egter altyd raadsaam om ses weke na die vasektomie te gaan vir toetse om te verseker dat die moontlikheid glad nie bestaan nie! Dan is mens ook meer ontspanne as die gedagte aan swanger raak jou nie heeltyd pla nie!