Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Verstuiting. Show all posts
Showing posts with label Verstuiting. Show all posts

20.12.23

Kruie vir kwale: Verstuiting

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan verstuitings.

♦♦♦

Smeer die pynlike areas in met arnikaolie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.3.20

Verstuiting

Verstuiting is die besering van die tendons, spiere of ligamente rondom gewrigte sonder dat ontwrigting plaasvind.

Wanneer dit gebeur kan die volgende simptome waargeneem word :
Rooiheid
Pyn
Hitte
Swelling

As ’n gewrig ernstig verstuit word moet dit in 'n hospitaal gespalk word. Alle verstuitings by kinders moet deur ’n dokter ondersoek word ingeval van skade wat later groei kan beïnvloed.

Normaalweg behandel jy minder ernstige verstuiting deur ys daarop te sit. Draai die ys in ’n doek toe om te verhoed dat die vel brand. Hou sowat 20 minute op die plek. Draai nou styf vas met ’n rekverband. Dit moet styf genoeg wees om drukking te veroorsaak, maar moet nie bydra tot nog meer pyn nie. Die beseerde moet soveel as moontlik lê en die beseerde gewrig moet effens gelig word. Die besering kan 6 tot 12 weke neem om te herstel. Die pyn kan 5 tot 7 dae duur.

Boereraat:

Smeer die verstuite ledemaat goed met gewone asyn.

♦♦♦

Gooi ’n groot hand vol growwe sout in ’n groot emmer koue water en hou die verstuite enkel of arm daarin vir so ’n halfuur. Verbind dit sonder om af te droog.
Week die ledemaat 3 maal per dag in die soutwater.



Sien ook Kruie vir kwale: Verstuiting