Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Veelvuldige sklerose. Show all posts
Showing posts with label Veelvuldige sklerose. Show all posts

25.11.13

Resveratrol dalk nie so goed vir jou nie

Verskeie Afrikaanse media instansies is lief om die lof te besing van resveratrol . Resveratrol kom natuurlik voor in die skil van rooi druiwe en grondboontjies , en word in rooiwyn gevind. Die populêre siening is dat dit 'n voordelige aanvulling is as gevolg van die bestanddeel se anti -inflammatoriese en anti-oksidant eienskappe.

Die siening word egter net ondersteun deur 'n paar eksperimentele studies , terwyl ander studies dui op 'n gebrek aan enige voordeel vir die mens. 'n Nuwe studie, wat twee veelvuldige sklerose (MS) modelle gebruik en gepubliseer is in die American Journal of Pathology, het bevind resveratrol vererger die neuropatologie en inflammasie wat verband hou met MS en het geen voordelige neuro -effekte.

Volgens die studie kan resveratrol nadelige gevolge hê in sommige siektetoestande, breinvliesontsteking is ook hier geïdentifiseer. Aanvullende gebruik deur veral MS pasiënte word sterk ontmoedig, hangende verdere ondersoek.