Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Voedselvergiftiging. Show all posts
Showing posts with label Voedselvergiftiging. Show all posts

13.4.20

Voedselvergiftiging - Salmonella-vergiftiging

Voedselvergiftiging word veroorsaak deur voedsel wat deur bakterieë besoedel word en verkeerd bewaar of gekook word. Salmonella is ’n bakterie wat in die derms vermenigvuldig en 'n disenterie-agtige siekte veroorsaak. Dit is aansteeklik en word maklik oorgedra weens swak persoonlike en kombuis-higiëne.

Simptome en tekens
Die simptome en tekens verskyn normaalweg binne ’n paar uur nadat die besmette voedsel geëet is, maar dit kan ook eers ’n dag of twee later verskyn:
• Koors
• Diarree
• Naarheid
• Buikpyn
• Simptome en tekens van skok

Behandeling
1. Hou die persoon rustig.
2. Gee baie vloeistof.
3. Kry mediese hulp as dit lyk of die persoon se toestand versleg.

23.3.20

Voedselvergiftiging – Staphylococcus-vergiftiging

Voedselvergiftiging word veroorsaak deur voedsel wat deur bakterieë besoedel word en verkeerd bewaar of gekook word. Staphylococcus is ’n bakterie wat in voedsel vermenigvuldig en ’n gifstof (toksien) produseer.

Simptome en tekens
Die simptome en tekens verskyn normaalweg 2 tot 6 uur nadat die besmette voedsel geëet is:
• Die persoon voel naar en kan begin opgooi.
• Die persoon het maagpyn en kan ook hoofpyn hê.
• Diarree kan ontwikkel.
• Simptome en tekens van skok.

Behandeling
1. Hou die persoon rustig.
2. Gee baie vloeistof.
3. Kry mediese hulp as dit lyk of die persoon se toestand versleg.

17.2.20

Giftige plante

Sekere plante in die tuin en veld kan gevaarlik wees wanneer dit geëet word. Dit is veral gevaarlik vir klein kindertjies wat gelok word deur helderkleurige bessies.

Sering- en kasteroliebome, asook stinkblaar is algemene voorbeelde van giftige plante.

Giftige plante bevat verskeie bestanddele wat ’n verskeidenheid simptome tot gevolg kan hê. Jy kan dalk net sleg voel van sommige, maar ander kan jou asemhaling bemoeilik of jou verlam.

Bly asseblief weg van sampioene wat wild groei. Selfs al raak jy net daaraan kan dit gevolge hê.

As jy vermoed iemand het ’n giftige plant geëet kry hulle sodra moontlik by die hospitaal. Neem ’n stuk van die plant saam indien moontlik.

19.1.09

Voedselvergiftiging

Voedselvergiftiging is ongesteldheid as gevolg van die eet van bedorwe of giftige voedsel. Dit kan noodlottig wees.

Boereraat:

Drink drie maal per dag 6 druppels Lugol's Iodine op 1/4 glasie water, tot probleem opgeklaar het. (Derek Botha)

♦♦♦

Gee 'n mengsel van mosterd en sout in warm water, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie.

♦♦♦

Drink een teelepel koeksoda opgelos in een glas water.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids