Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Voeding. Show all posts
Showing posts with label Voeding. Show all posts

20.2.24

Jong kinders en voeding

Dit gebeur soms dat jong kinders nie wil eet nie. Is dit iets om oor bekommerd te wees of is dit maar net ’n fase?

Dit hang af van heelwat faktore bv. die bou van die kind en die algemene voorkoms. As die kind nie ondervoed lyk nie, is daar geen rede vir kommer nie. Klein kindertjies gaan wel deur fases waartydens hulle nie wil eet nie. Dit is nie iets om oor bekommerd te wees nie, net solank die kind nog goed drink en nie ontwater nie. Indien die kind egter baie gewig verloor, moet hulle na ’n kliniek of ’n dokter vir ’n ondersoek.

Tydens hierdie fases is dit ’n goeie idee om die kind voedsame drinkgoed te gee bv. melk. Hulle moet dan ook ’n vitamienaanvulling kry – dit help om die eetlus aan te wakker.

Maak ook seker dat die rede hoekom die kind nie wil eet nie, nie dalk is omdat hulle lekkers eet voor ete. Maak ook seker dat hulle nie reg voor etes te veel vloeistof drink nie, bv. vrugtesap sal hom versadig laat voel.

Probeer ook om vir hulle die kossoorte te gee waarvan hulle hou en ook vingeretes - kinders van die ouderdom hou daarvan om self te eet. Laat hulle deur die dag peusel aan voedsame happies – ’n broodjie, stukkie kaas, ens.

Dit is nie noodsaaklik dat hulle formele etes kry nie. Hulle sal wel weer op ’n stadium vanself begin eet.