Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.1.16

Mondhigiëne

Bakterieë tesame met speeksel en stukkies voedsel vorm plaak. Plaak verweer die tande vanaf die buitenste laag of emalje na die dentien. Tandbederf word gewoonlik te laat ontdek wanneer dit reeds te laat is om dit te herstel na die oorspronklike toestand. Tande is dan sensitief vir hitte, koue en suiker. Swak voeding en onvoldoende mondhigiëne is gewoonlik die grootste oorsake van gaatjies in tande.

´n Oormatige droë mond kan jou smaak sowel as die gesondheid van jou tande nadelig beïnvloed.

´n Slegte asem is gewoonlik ´n aanduiding van bakterieë wat werksaam is in die mond of moontlik ´n ander onderliggende mediese probleem. Ander moontlike oorsake is tandvleis-probleme, vuil tande, postnasale drip op die tong en keelinfeksie.

Korrekte borsel- en flosroetines hou die tande gesond en voorkom tandvleissiektes. Borsel die tande na elke ete en flos daagliks. Eet rou groente en vrugte in oorvloed en vermy gaskoeldranke. Spoel jou mond met soutwater uit in die geval van tandpyn of absesse totdat jy ´n tandarts kan besoek.

Dit is aanbevole dat jy jou dokter gaan spreek wanneer jou mond oormatig droog is, maar as een nie dadelik beskikbaar is nie kan een van die volgende dalk help of verligting bring:

Suig aan ´n harde suikervrye lekker. Vermy egter lekkers met ´n suurlemoen geur.
Kou suikervrye kougom.
Drink gereeld ´n bietjie water.
Haal asem deur jou neus.

´n Tandarts moet liefs geraadpleeg word vir ´n slegte asem. Behalwe vir bogenoemde kan jy kan egter self die volgende ook doen:

Besoek jou tandarts gereeld
Flos en borsel jou tande en tandvleis gereeld.
Vra jou tandarts om ´n borsel vir jou tong voor te stel
Kruie soos pietersilie, kruisement, naeltjies en vinkel kan gekou word.
Eet gereeld vars veselryke groente.

Soek mediese hulp indien simptome voortduur.

Boereraat:

Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie of rissies, kan jy brood of seldery eet, of melk drink - moet nie water drink nie.

5 comments :

  1. Anonymous30/1/12 13:50

    Wat veroorsaak sere in mond. Dit begin m,et 'n klein geel kolletjie wat al groter word soos die nael van jou pinkie. Rondom die geel seer is dit opgehewe en rooi. DIt duur ongeveer 3 weke om gesond te word. Wanneer die een gesond raak kom net 'n volgende een uit, was ook al op my tong. Wat kan ek daarvoor gebruik en wat kan ek doen om dit te voorkom?

    ReplyDelete
  2. Anonymous14/3/12 09:53

    Mens noem dit Tonsil Cheese! dis nie sere, dit holtes in jou mangels waar kos vassit en "rot". Dan begin daai balletjies te stink! Al oplossing vir die Probleem is om jou mangels te verwyder!

    ReplyDelete
  3. Anonymous11/2/13 10:21

    Hi

    My verloofde het ‘n versplete verheumelte en ek wil net weet of dit n gestremheid is of nie? Sy het nie op die oomblik werk nie. Sy is vas oortuig dit is die rede hoekom sy sukkel om werk te kry.

    Baie dankie en lekker dag verder.

    ReplyDelete
  4. Hi,

    Hoop dit gaan goed!

    Kan julle my asb se wat kan mens gebruik vir bek & klou seer by kinders…….of soos die internet se mond-voet-en-mond seer….het salfies gekry by apteek maar lyk nie of dit wil werk nie


    Baie dankie

    ReplyDelete
  5. Vreet soutwater tande ek enamel

    ReplyDelete