Alle oogbeserings is potensieel ernstig. Selfs ’n oppervlakkige skuurwond kan jou sig verswak of selfs blindheid veroorsaak.
Simptome en tekens
• Gedeeltelike of totale gesigsverlies van die betrokke oog – selfs sonder sigbare beserings.
• ’n Pynlike, bloedbelope oog met ’n moontlik sigbare wond aan die oogbal of ooglid.
• Bloed of ’n helder vloeistof wat uit die oog vloei met ’n afplatting van die oogbal se normale ronde vorm.
Beskerm die oog deur beweging te voorkom en kry sodra moontlik mediese hulp.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment