Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Medisyne. Show all posts
Showing posts with label Medisyne. Show all posts

31.5.17

Allergiese reaksie op medikasie

Goed opgeleide verpleërs en ander mediese personeel sal normaalweg goeie voorsorg tref teen ’n moontlike allergiese reaksie op medikasie. Hoewel baie raar, kan allergiese reaksies kan egter steeds plaasvind, byvoorbeeld as gevolg van ’n oordosis of by ’n pasiënt wie se mediese geskiedenis nie bekend is nie.

Medikasie wat gewoonlik betrokke is in ’n teenreaksie is antibiotika, verdowingsmiddels, insulien en penisillien.

25.3.13

Vrae oor medikasie

J Reynders skryf: "Is dit skadelik om vicks aan my dogtertjie se borsie te smeer, sy is nou 14 maande?"

Antwoord : Word aangeneem jy praat van Vicks VapoRub. Dit behoort nie gebruik te word vir kinders jonger as 2 jaar (24 maande) nie.

Chantell Lombard skryf :
"Is dit normaal vir die medikasie wat aan my voorgeskryf is vir my maagseer om my hoofpyn, sensitiewe vel, bene wat pyn en ongelooflik gevoelige borste te gee (ek het 'n baba van 5 maande en borsvoed nog)."

Antwoord :Jy noem ongelukkig nie wat die medikasie is nie, maar meeste medisyne kan newe-effekte hê. Op die medikasie se voubiljet sal hulle die moontlike newe-effekte aangee. 'n Mens moet altyd die inligting nagaan voor jy die medikasie neem, swanger vroue en vroue wat borsvoed net meer so.

31.7.09

Medisyne

Hierdie inskrywing is vir almal wat vrae het oor medisyne of enige ander geneesmiddel.