Middeloorontsteking is normaalweg die gevolg van ’n bakteriese of virale infeksie wat vloeistof in die middeloor agter laat opbou. Dit is die area agter die oordrom wat ontsteek. Dit kom algemeen voor by kinders.
Behandeling van die ontsteking is gewoonlik met antibiotika. Dit moet dus deur jou dokter gediagnoseer word.
In gevalle waar middeloorontsteking gereeld voorkom kan die dokter die inplanting van dreineringsbuise (grommets) voorstel. Dit is ’n eenvoudige prosedure en die pasiënt verlaat dieselfde dag nog die hospitaal.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 150 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
22.3.17
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment