’n Studie wat einde verlede jaar gepubliseer is, dui daarop dat een eier per dag voordele inhou vir jou gesondheid.
Nie net is eiers ’n bekostigbare bron van proteïene nie, maar deur gereeld ’n eier te eet verlaag jou kanse om ’n beroerte aanval te kry.
Een groot eier bevat tot 6 gram proteïene, antioksidante en vitamiene A, D en E. Hierdie kombinasie help om jou bloeddruk te verlaag.
Let net op hoe jy jou eiers gaarmaak. Te veel botter of olie maak dit minder voordelig.
(Die studie is gepubliseer in die Journal of the American College of Nutrition.)
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
20.3.17
Een eier per dag kan jou kanse op ’n beroerte verminder
Etikette:
Beroerte
,
Hartsiektes
,
Hoë bloeddruk
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment