Kinderstuipe kom gewoonlik voor by kinders tussen een en vier jaar. Dit is normaalweg ’n simptoom van ’n hie koors, veroorsaak deur ’n aansteeklike siekte of keel- of oorinfeksie.
Dit is selde gevaarlik, maar kan nogal ontstellend wees vir die ouers.
Simptome en tekens
• Hoe koors
• Sweet
• Sametrekkings van die gesigspiere en ledemate
• Oë kan skeel kyk of self omdop
• Die hele lyf kan styftrek met die kop agteroor en die rug gekrom
• Die kind kan asem ophou
• Daar kan skuim om die mond wees
Kry mediese hulp.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment