Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Stuipe. Show all posts
Showing posts with label Stuipe. Show all posts

29.3.17

Wat om te doen as jou kind die stuipe kry

Die belangrikste is dat jy jou kind beskerm teen beserings en afkoel wannneer hulle stuipe kry. Kry mediese hulp as dit ernstig is.

Hier is wat jy kan doen:

1. Sorg dat daar ’n goeie toevoer vars lug is.
2. Maak enige stywe klere los.
3. Maak die area om die kind skoon.
4. Jy kan die algemene behandeling soos vir ’n bewustelose persoon toepas.
5. Koel die kind af deur beddegoed of klere te verwyder en dan hom / haar-af te spoel met ’n spons en louwarm water. Begin by die kop en werk afwaarts. Moet egter nie die kind te koud laat word nie.
6. Kry mediese hulp.

15.3.17

Kinderstuipe

Kinderstuipe kom gewoonlik voor by kinders tussen een en vier jaar. Dit is normaalweg ’n simptoom van ’n hie koors, veroorsaak deur ’n aansteeklike siekte of keel- of oorinfeksie.

Dit is selde gevaarlik, maar kan nogal ontstellend wees vir die ouers.

Simptome en tekens
• Hoe koors
• Sweet
• Sametrekkings van die gesigspiere en ledemate
• Oë kan skeel kyk of self omdop
• Die hele lyf kan styftrek met die kop agteroor en die rug gekrom
• Die kind kan asem ophou
• Daar kan skuim om die mond wees

Kry mediese hulp.

9.4.10

Stuipe

My seuntjie kry stuipe as hy koors kry.

My dokter het vir my gesê dat as daai koors begin dan trek jy alles uit ... tot die doek en as jy lugversorging het dan sit jy dit aan of in die kar of ´n waaier al is dit in die middel van die winter want longontsteking kan hulle behandel maar nie breinskade nie ... stuipe is baie gevaarlik, dit versper die suurstof na die brein wat dan breinskade veroorsaak.

Sterkte ek weet wat dit is om ´n hele nag so by hulle onder lugversorging te sit en waak.

bydrae: Charnelle