Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.7.23

Karkatjie

Karkatjies word veroorsaak deur ’n bakterie. Die bakterieë leef normaalweg op mens se vel en kry met ’n klein krapmerkie toegang tot die liggaam en veroorsaak dan infeksie wat ons ’n karkatjie noem.

Aangesien die oorsaak van die karkatjie ’n bakterie is, kan ’n antibiotiese oogsalf soos Chloromycetin help. Soms kan dit nodig wees dat die dokter die karkatjie moet oopsny, maar dis selde.

Boereraat:

Warm lappie vir 10 minute, vier tot ses keer per dag. Maak dit maar kort-kort warm, want dit help om die karkatjie tot ’n punt te trek.

10 comments :

  1. Anonymous7/11/22 19:55

    Hoe lank, dae?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/11/22 06:51

      Dit hang af van die infeksie, maar dit kan so gou wees soos 5 dae, of dit kan lank wees en eers na 2 weke verdwyn.

      Delete
  2. Wat as ek nie geld het om te salf te koop of dokter toe kan gaan nie en kan ek hom druk as Hy tot n punt gekom het

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/1/23 09:05

      Moet dit nie druk nie, jy kan dit wel liggies maseer. Dit moet vanself oopbars weens die behandeling met die warm lappie.

      Delete
  3. Anonymous14/7/23 13:34

    ‘n Teelepel vars room en ‘n druppel rooi laventel gemeng op ‘n watte op die karkatjie 3 keer per dag.

    ReplyDelete
  4. Anonymous21/8/23 18:42

    Is karkatjie aansteeklik van een oog na n ander? Ek het verlede week een in my regteroog gehad en nou een in linker oog , wat ek glad nie kan sien nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/8/23 10:29

      Dit word veroorsaak deur 'n bakterie. So, as die bakterie nog in jou omgewing was of op jou lyf het dit die ander oog ook infekteer.

      Delete
  5. Anonymous5/10/23 12:21

    Is daar 'n spesifieke plek wat 'n karkatjie voorkom of kom hy die hele oog voor, en word hy bet deur die bakteria veroorsaak of kan dit dalk iets anders wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Gewoonlik net een plekkie op die ooglid op 'n slag. Dit word deur bakterie veroorsaak.

      Delete
  6. Anonymous20/3/24 05:33

    meer raad vir dit asb

    ReplyDelete