Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir diabetes.
♦♦♦
Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik.
Mense gebruik dit vir diabetes, maar daar is geen goeie wetenskaplike bewyse om hierdie gebruike te ondersteun nie.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir diabetes.
♦♦♦
Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir diabetes.
♦♦♦
So min soos 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is.
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir diabetes.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
No comments :
Post a Comment