Neem asseblief kennis dat die bol van die wildepynappel giftig is. Aftreksels van die bol word gemaak deur dit in water of melk te kook. DIt moet liefs deur ‘n kundige persoon gedoen word. Tradisionele genesers maak medikasie daarvan wat as enema gebruik kan word vir laerugpyn.
♦♦♦
Boegoe-essens kan gebruik word vir die behandeling van rugpyn. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n bietjie water drie maal daagliks.
♦♦♦
Boegoeblare blyk baie goed te wees vir die behandeling van minder ernstige rugpyn.
Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.
♦♦♦
Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir lendepyn.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie-blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir rugpyn.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir rugpyn.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir rugpyn.
♦♦♦
Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.
♦♦♦
Die Tswana-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan die rug en polse om dit te help herstel.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 149 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment