Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Hardlywigheid. Show all posts
Showing posts with label Hardlywigheid. Show all posts

24.4.25

Klipsweet

Daar is opgetekende getuienis oor die gebruik van diereprodukte vir mediese behandeling in die Nama-kultuur wat amper 100 jaar terugdateer.

Laidler (1928) het die medisinale gebruik aangeteken van gedroogde ystervark maag (met die inhoud daarvan), gedroogde jakkalsnier, hiënamis, gedroogde akkedis, kankerkewer, gebrande volstruiseier (gemeng met vet) en dassie urine. Sommige van hierdie middels word steeds gebruik. Archer (1990) het opgemerk dat die diervet, rotssout, lewers van diere en die maaginhoud van ystervark steeds in Namakwaland (Leliefontein en die Richtersveld) gebruik word om “die krag van die medisyne te verbeter”.

Pappe (1847) het die term hyraceum gebruik vir 'n gewilde Kaapse middel wat vandag in Afrikaans algemeen bekend is as dassiepis. ’n Oulike alternatiewe naam daarvoor in Afrikaans is klipsweet.

Die dassie se gekonsentreerde urine ('n aanpassing om te oorleef in droë streke), wat gelos word op spesifieke plekke in rotsskeure, is tipies van die dier. Die dassie is ook ’n staat om te oorleef op aromatiese en harsagtige plantmateriaal, wat veroorsaak dat klipsweet ('n swarterige, teeragtige stof) ’n sterk, aromatiese en muskus reuk het. Dit kan met ouderdom gefossileer word en is chemies kompleks en veranderlik (Olsen et al., 2008).

Klipsweet kan geleidelik, deur die werking van reën en lug, omgeskakel word in salpeter (wit kaliumnitraat). Salpeter is tradisioneel in Europa gebruik as ’n diuretikum, ’n antipiretiese middel en as asma medisyne (Burger en Wachter, 1998).

Klipsweet word gebruik vir styfheid in die rug, rugpyn, maagpyn, epilepsie en senuweeprobleme (Pappe, 1847; Dykman, 1908; Kling, 1923; Laidler, 1928). Aftreksels en infusies word mondelings ingeneem as 'n teenmiddel vir enige tipe vergiftiging.

17.12.24

Kruie vir kwale: Boererate vir hardlywigheid

’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir ’n lakseermiddel.

♦♦♦

Gooi 1 eetlepel lynsaad in ’n glas water en laat staan dit oornag.
Gooi die water af en gooi die lynseed oor jou ontbytpap. Dit sal help indien dit gereeld gebruik word.

8.10.24

Hardlywigheid

Klein harde stoelgang minder as 3 keer per week is gewoonlik ’n teken dat jy hardlywig is. Dit kan ongemak en winderigheid veroorsaak. Hardlywigheid word veroorsaak deur ’n ongesonde dieet, dermprobleme, te veel vleis, te veel suiwel, medisyne of indien jy lakseermiddels gebruik.

Sluit volgraanprodukte by jou dieet in en drink ten minste 3 glase water per dag. Pruimedante of pruimedantsap word ook aanbeveel. Oefening vir die maagspiere werk ook.

Soek mediese hulp indien dit vir langer as ’n week aanhou of bloeding voorkom.

Boereraat vir hardlywigheid:

Drink bietjie sodawater vir hardlywigheid.

♦♦♦

Week 250 g perskes, 250 g rosyne en 250 g pruimedante in water tot sag.
Maal nou al die vrugte saam tot fyn. Meng dit met 500 g heuning.
Eet saans 1 teelepel hiervan.

♦♦♦

Eet elke oggend vir ontbyt ’n sny growwe, bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees. Voedsel ryk aan vesel help vir hardlywigheid by kinders; en hardlywigheid by bejaardes.

♦♦♦

Drink ’n glas louwarm water met appelasyn – 30 min voor etes.

♦♦♦

Dit is nie gewone soutwater wat jy moet drink vir hardlywigheid nie. Dit is Engelse sout. Drink elke oggend op ’n nugter maag een teelepel Engelse sout opgelos in ’n glas warm water.

♦♦♦

Piesangs kan help om van hardlywigheid ontslae te raak.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.9.23

Hardlywigheid by babas

Hardlywigheid by baba's kan 'n hengse kopseer wees vir ouers. Vier keer 'n dag se stoelgang by baba's is nie abnormaal nie. Onthou ook dat baba's wat geborsvoed word meer stoelgang het as die op formule. Dit neem ook af met ouderdom.

Indien jou baba jonger is as twee maande en sukkel dan moet jy asseblief dadelik jou dokter gaan spreek. Vir hardlywige baba's tussen twee en vier maande kan jy die baba twee keer per dag 120 ml water gee. Indien daar geen verbetering is nie kan jy vrugtesap in plaas van water gebruik. Indien daar dan nog geen verbetering is nie moet jy eerder die dokter gaan spreek.

Baba's wat reeds op vaste voeding is kan doen met bietjie ekstra vesel in hul dieet indien hulle hardlywig is. Ten minste twee keer per dag.

Indien jy van 'n enema gebruik maak om harde stoelgang uit te help mag dit net die watergebasseerde soort wees.



(foto: Todd Morris)