Senna is ‘n plant waarvan ’n ekstrak of die blare as ’n sterk purgeermiddel gebruik word vir die verligting van hardlywigheid, gal en word ook deur medici voorgeskryf om die kolon skoon te maak voor prosedures soos ’n kolonoskopie.
Algemene newe-effekte van senna, wat by meer as 1 uit 100 mense voorkom, is maagkrampe en diarree. Daar is geen bewyse dat dit onveilig is tydens swangerskap nie, maar raadpleeg altyd jou dokter tydens swangerskap voor jy enige medikasie of kruie gebruik.
Die blare is algemeen beskikbaar by apteke.
No comments :
Post a Comment