Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Galstene. Show all posts
Showing posts with label Galstene. Show all posts

19.9.23

Galsteen behandeling en simptome

Galstene is kristalagtige korreltjies wat cholesterol bevat en in jou galblaas vorm. Soms is die enigste uitweg dat die galblaas verwyder word. Gelukkig kan dit andersins deur chirurgie verwyder word, met medisyne opgelos word of met ultrasoniese golwe opgebreek word.

Dit is baie belangrik dat hulle wel verwyder word. Galstene kan lewerontsteking en selfs lewerversaking veroorsaak. Verder kan hulle obstruksies vorm in jou derms of selfs die oorsaak van kanker wees.

Die eerste aanduiding dat jy galstene het is gewoonlik 'n kwaai pyn aan die regterkant van jou buik wat na jou rug versprei. Jy sal ook opgeblaas en winderig voel. Indien die galblaas afgesluit word kan jy geelsug ontwikkel.

Dit is meesal oorgewig individue en swanger vroue wat geelsug ontwikkel.



(foto: Andrea Piacquadio)

27.8.12

Vrae oor galstene


Thinus van Staden skryf: "Ek en my vrou bly in Ireland en my naam is Thinus. My vrou het onlangs haar galstene laat uithaal want dit het haar probleme begin gee. Nou n paar maande later word sy weer siek , maar net as sy enige vleis eet of alkohol drink. Nou ons was by die dokters hier in Ireland , maar hulle bied nie regtig help aan of stel regtig belang nie. Ons is regtig bekkommerd oor die probleem en sal enige raad waardeer. Wat moet ons doen ens."

Antwoord: Geen wonder Suid-Afrikaanse dokters is so gewild in Ierland nie. Nie net is daar 'n algemene tekort aan dokters in Ierland nie, maar daar is 'n aanvraag vir spesifiek Suid-Afrikaanse dokters. Ons opleiding word as tops beskou, maar ek vermoed dit is ook die manier waarop SA dokters hul pasiënte behandel wat hulle gewild maak.
Die raad is dus soek vir julle 'n Suid-Afrikaanse dokter.



Belinda du Plessis skryf: "Is dit 'n moet vir 'n operasie en wat moet jy eet en drink."

Antwoord: Indien dit erg is moet jy 'n operasie ondergaan. Die dokter sal bepaal watter tipe behandeling nodig is. Dit sal wissel van medikasie vir klein probleempies tot 'n operasie in die ergste gevalle.
Vet is jou grootste vyand so 'n laevet dieet is jou voorland. Vermy vette so ver as moontlik en eet steeds gebalanseerd.



Estelle skryf: "My dogter was swanger en het op 5 maande 'n miskraam gehad, 'n week later bars haar blindederm en word toe verwyder. Sy was skaars uit die hospitaal, ongeveer weer 'n week later beland sy weer in die hospitaal met hewige pyn wat toe dui op infeksie asook galstene. Sy is terug by die huis maar kla nog steeds van naarheid en sooibrand. Is daar enige rede tot kommer?"

Antwoord : Die beste raad is dat sy dit met haar dokter bespreek. Hier bestaan te veel moontlikhede en enige raad sal 'n raaiskoot wees. Indien die galstene verwyder is kan sy probeer om 'n tyd lank suiwel, vet en sterk kos te vermy en meer vesel te eet.



Christien Agema skryf :
"Ek het vandag 'n sonar gehad en daar is meer as 11 galstene uitgewys. Wat is die behandeling van galstene? Ek sien môre die dr. maar sal dit so gou as moontlik wil weet. Moet my galblaas verwyder word of kan dit ook met laser behandel word?"

Antwoord:
Galstene is kristalagtige korreltjies wat cholesterol bevat en in jou galblaas vorm. Soms is die enigste uitweg dat die galblaas verwyder word. Gelukkig kan dit andersins deur chirurgie verwyder word, met medisyne opgelos word of met ultrasoniese golwe opgebreek word.
Dit is baie belangrik dat hulle wel verwyder word. Galstene kan lewerontsteking en selfs lewerversaking veroorsaak. Verder kan hulle obstruksies vorm in jou derms of selfs die oorsaak van kanker wees.
Die eerste aanduiding dat jy galstene het is gewoonlik 'n kwaai pyn aan die regterkant van jou buik wat na jou rug versprei. Jy sal ook opgeblaas en winderig voel. Indien die galblaas afgesluit word kan jy geelsug ontwikkel.
Dit is meesal oorgewig individue en swanger vroue wat geelsug ontwikkel.

9.12.09

Galstene

'n Galsteen is 'n harde klont wat soms in die galblaas of galbuis gevorm word en hoofsaaklik uit cholesterol bestaan.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids