Loading

Onderwerpe

A/H1N1-virus Aambeie Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring Aknee Akupressuur Allergieë Alzheimer’s Anemie Aneurisme Anorexia Nervosa Artritis Asma ATHV Atleetvoet Baarmoeder Baba Babalaas Beroerte Blaar Blaasinfeksie Blase Bleeksiekte Bloedarmoede Bloedsomloop Bloedvinte Boeke Boererate Borste Bosluiskoors Brandwonde Brein Breinontsteking Breinvliesontsteking Brongitis Buikloop Buikswelling Buisswangerskap Bulimia Nervosa Candida albicans Cholesterol Crohn-siekte Dehidrasie Depressie Diabetes Diarree Dieet Divertikulitis Doppe Duiselig Duitse masels Eelte Eierstokke Ekseem Ektopiese swangerskap Endometriose Ensefalitus Epilepsie Erektiele disfunksie Fallopiusbuis Fibromialgie Galblaas Galstene Gastritis Geboorte skenk Geboortebeperking Geelsug Gemoedstoestand Gesplete verhemelte Gewigsprobleme Gilles de la Tourette-sindroom Gordelroos Griep Grierson-Gopalan sindroom Groeipyne Haaslip Hardlywigheid Hare Hartsiektes Hipertensie HIV Hoes Hoofpyn Hormone Hoë bloeddruk Impotensie Inkontinensie Insekbyt Insomnia Insulien Jappiegriep Jig Kalium Karbonkels Keel Kliere Knie Koliek Koors Koorsblaar Krampe Kroniese Moegheid Sindroom Kunsmatige inseminasie Kurettasie Lewer Lippe Longontsteking Luieruitslag Maagpyn Maagseer Malaria Mangels Mantelvliesbreuk Masels Medisyne Meningitis Menopouse Menstruasie Migraine Mioom Miskraam Moesies Mondhigiëne Ménière-siekte Naarheid Naels Nek Neus Niere Oefening Oggendnaarheid Omlope Ontwatering Onvrugbaar Oogprobleme Ore Osteoporose Outisme Ovaria Ovulasie Pampoentjies Parasiete Penis Peptiese ulkus Pernio Pitswere Plooie Pre-eklampsie Prikkelbare-dermsindroom Prostaat Prostatitis Psoriase Psoriatiese artritis Puisies Raoultella Ornitholytica Ringwurm Rook Rubella Rugpyn Rumatiek Rumatoiede artritis Rustelose bene Seekosallergie Seks Senuwees Servikskanker Sinusitis Skarlakenkoors Skildklier Skilfers Skisofrenie Skouerontwrigting Skraap Skurfsiekte Slaaploosheid Slaapversteurings slukderm Snork Snye en skrape Sooibrand Spastiese kolon Spatare Speekselkliere Spierpyn Spierverrekking Spondilitis sportbeserings Sproei spysvertering Sterilisasie Stres Stuipe Suikersiekte Suur Swaminfeksie Swangerskap Sweet Tande Tandvleisontsteking Tendonitis Tenniselmboog Testis Tieners Tinea Tinnitus Tong Tourette-versteuring Trigomoniase Troshoofpyn Tuberkulose Tumor Ulseratiewe kolitis Uretritis Urienweginfeksie Vaginale infeksies Varkgriep Vasektomie Vel Verbygaande iskemiese aanval Vergiftiging Verkalkte are Verkoue Verrekking Verslawing Verstuiting Verswik Vet VIA Vigs Vingers Vitamiene Voeding Voedselvergiftiging Voete Voetskimmel Voorbehoedmiddels Vratte Vriesbrand Vrugbaarheid Vrugwater Waterblaas Waterpokkies Werwelontsteking Wind Wingerdgriep Wintershande Wintersore Wintersvoete Woedeuitbarstings Wurms

27.8.12

Vrae oor galstene


Thinus van Staden skryf: "Ek en my vrou bly in Ireland en my naam is Thinus. My vrou het onlangs haar galstene laat uithaal want dit het haar probleme begin gee. Nou n paar maande later word sy weer siek , maar net as sy enige vleis eet of alkohol drink. Nou ons was by die dokters hier in Ireland , maar hulle bied nie regtig help aan of stel regtig belang nie. Ons is regtig bekkommerd oor die probleem en sal enige raad waardeer. Wat moet ons doen ens."

Antwoord: Geen wonder Suid-Afrikaanse dokters is so gewild in Ierland nie. Nie net is daar 'n algemene tekort aan dokters in Ierland nie, maar daar is 'n aanvraag vir spesifiek Suid-Afrikaanse dokters. Ons opleiding word as tops beskou, maar ek vermoed dit is ook die manier waarop SA dokters hul pasiënte behandel wat hulle gewild maak.
Die raad is dus soek vir julle 'n Suid-Afrikaanse dokter.



Belinda du Plessis skryf: "Is dit 'n moet vir 'n operasie en wat moet jy eet en drink."

Antwoord: Indien dit erg is moet jy 'n operasie ondergaan. Die dokter sal bepaal watter tipe behandeling nodig is. Dit sal wissel van medikasie vir klein probleempies tot 'n operasie in die ergste gevalle.
Vet is jou grootste vyand so 'n laevet dieet is jou voorland. Vermy vette so ver as moontlik en eet steeds gebalanseerd.



Estelle skryf: "My dogter was swanger en het op 5 maande 'n miskraam gehad, 'n week later bars haar blindederm en word toe verwyder. Sy was skaars uit die hospitaal, ongeveer weer 'n week later beland sy weer in die hospitaal met hewige pyn wat toe dui op infeksie asook galstene. Sy is terug by die huis maar kla nog steeds van naarheid en sooibrand. Is daar enige rede tot kommer?"

Antwoord : Die beste raad is dat sy dit met haar dokter bespreek. Hier bestaan te veel moontlikhede en enige raad sal 'n raaiskoot wees. Indien die galstene verwyder is kan sy probeer om 'n tyd lank suiwel, vet en sterk kos te vermy en meer vesel te eet.



Christien Agema skryf :
"Ek het vandag 'n sonar gehad en daar is meer as 11 galstene uitgewys. Wat is die behandeling van galstene? Ek sien môre die dr. maar sal dit so gou as moontlik wil weet. Moet my galblaas verwyder word of kan dit ook met laser behandel word?"

Antwoord:
Galstene is kristalagtige korreltjies wat cholesterol bevat en in jou galblaas vorm. Soms is die enigste uitweg dat die galblaas verwyder word. Gelukkig kan dit andersins deur chirurgie verwyder word, met medisyne opgelos word of met ultrasoniese golwe opgebreek word.
Dit is baie belangrik dat hulle wel verwyder word. Galstene kan lewerontsteking en selfs lewerversaking veroorsaak. Verder kan hulle obstruksies vorm in jou derms of selfs die oorsaak van kanker wees.
Die eerste aanduiding dat jy galstene het is gewoonlik 'n kwaai pyn aan die regterkant van jou buik wat na jou rug versprei. Jy sal ook opgeblaas en winderig voel. Indien die galblaas afgesluit word kan jy geelsug ontwikkel.
Dit is meesal oorgewig individue en swanger vroue wat geelsug ontwikkel.

1 comment:

  1. My vrou het so wat 3weke trug uitgevind sy het n galsteen, maar die doktor kan nie iets vir haar geen nie sy is 3maande swanger, is daar iets wat sy kan gebruik? Ons het gehoor van Olyf olie en suurlemoen.

    ReplyDelete