Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.1.17

Harsingskudding

Harsingskudding is ’n tydelike breinversteuring. Dit word ook soms “konkussie” genoem.

Harsingskudding is gewoonlik die gevolg van ’n hou teen die kop, ’n val van ’n hoë plek of ’n ongeluk.

Dit kan voorkom sonder dat die persoon bewusteloos is of net vir ’n kort tyd bewusteloos is.

Omdat harsingskudding harsingdruk kan voorafgaan is dit baie belangrik dat persone met die toestand baie fyn dopgehou word. Indien die simptome voortduur of die persoon se toestand versleg moet hulle dadelik by ’n dokter uitkom.

Simptome en tekens
• Kort of ’n gedeeltelike verlies van bewussyn

Indien die persoon bewusteloos is, kan die volgende simptome en tekens voorkom:
• Vlak asemhaling
• Bleek in die gesig
• Die vel is koud en klam
• Die pols is vinnig en swak

Wanneer die persoon besig is om te herstel kan die volgende simptome en tekens voorkom:
• Naarheid
• Die persoon kan nie gebeure net voor en na die insident onthou nie

No comments :

Post a Comment