Hitte-uitputting word veroorsaak deur die verlies van sout en water uit die liggaam.
Simptome en tekens
• Persoon is moeg en rusteloos.
• Kan hoofpyn hê en duiselig en naar voel.
• Krampe in die bene en buik as gevolg van ’n sout tekort.
• ’n Bleek gesig en die vel voel koud en klam.
• Asemhaling is vinnig en vlak.
• Pols is vinnig en vlak.
• Temperatuur sal normaal wees, of dit sal daal.
• Enige skielike beweging kan die persoon laat flou word.
Behandeling
1. Laat die persoon op ’n koel plek lê.
2. Gee klein slukkies koue water.
3. Indien die persoon erg sweet, krampe of diarree het en/of vomeer, voeg ’n teelepel sout by elke 0,5 liter water.
4. Indien die persoon bewusteloos is, plaas in die herstelposisie.
5. Kry mediese hulp.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 147 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
14.10.19
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment