Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Sweet. Show all posts
Showing posts with label Sweet. Show all posts

14.11.23

Kruie vir kwale: Nagsweet

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Drink dit vir nagsweet.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.1.21

Slegte liggaamsreuke

Indien jy oormatig sweet moet jy probeer om soggens en saans te stort of bad. Trek daagliks skoon klere aan en sorg dat jou reukweerder ´n antiperspirant bevat. Katoenonderklere is sweetbestand.

Om jou voete in ´n goeie toestand te hou moet jy lief plastiek en sintetiese skoene vermy. ´n Skoen moet liefs van leer of seil gemaak word.

Dit help om jou voete so gereeld as moontlik vir ´n tydjie uit jou skoene te haal. Roteer ook jou skoene so veel as moontlik.

Jou sokkies kan ook ´n verskil maak. Katoen en wol absorbeer sweet die beste. Daar is egter spesiale sokkies van ´n sintetiese materiaal wat gemaak word om sweet te absorbeer. Nylon sal jou voete meer as normaalweg laat sweet. Skoene wat toegebind word moet liefs nooit sonder sokkies gedra word nie.

Was gereeld jou voete. Die water moet ten minste louwarm wees. Droog dit goed af.

Loop so gereeld as moontlik kaalvoet.

Sweet kan ook ´n teken wees van koors, oorgewig, menopouse of tuberkulose.

Boereraat:

Wanneer jou voete baie sweet, week jou voete in louwarm water met koeksoda. Droog baie goed af en smeer dan droë koeksoda aan. As jy dit gereeld doen behoort die reuk te verbeter.

♦♦♦

Gooi twee koppies tamatiesap in jou badwater. Gebruik ook tamatiesap vir stink voete.

♦♦♦

4 eetlepels bakpoeier in die badwater help ook vir liggaamsreuke.

♦♦♦

Oksels wat nie te lekker ruik nie kan met asyn afgevee word.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.10.19

Hitte-uitputting

Hitte-uitputting word veroorsaak deur die verlies van sout en water uit die liggaam.

Simptome en tekens
• Persoon is moeg en rusteloos.
• Kan hoofpyn hê en duiselig en naar voel.
• Krampe in die bene en buik as gevolg van ’n sout tekort.
• ’n Bleek gesig en die vel voel koud en klam.
• Asemhaling is vinnig en vlak.
• Pols is vinnig en vlak.
• Temperatuur sal normaal wees, of dit sal daal.
• Enige skielike beweging kan die persoon laat flou word.

Behandeling
1. Laat die persoon op ’n koel plek lê.
2. Gee klein slukkies koue water.
3. Indien die persoon erg sweet, krampe of diarree het en/of vomeer, voeg ’n teelepel sout by elke 0,5 liter water.
4. Indien die persoon bewusteloos is, plaas in die herstelposisie.
5. Kry mediese hulp.

16.9.19

Die uitwerking van oorverhitting

Gedurende oefening word hitte in die spiere verwek en deur die bloed na alle dele van die liggaam versprei. Dit veroorsaak dat die algemene liggaamstemperatuur styg. Die liggaam reageer op die volgende manier om van die hitte ontslae te raak:

• Die haarvate vergroot en meer bloed word na die oppervlak van die vel vervoer. Dit laat die hitte ontsnap. Dit is wat jou warm en rooi laat lyk.
• Die sweetkliere produseer meer sweet. Die sweet verdamp en koel die liggaam af in die proses.
• Asemhaling neem toe en die hitte ontsnap deur die longe.

Indien jy nie genoeg afkoel nie kan twee toestande ontstaan; hitte-uitputting of hittesteek.