Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label HIV. Show all posts
Showing posts with label HIV. Show all posts

20.7.20

Menslike Immuniteitsgebreksvirus

Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV, HIV of Human Immunodeficiency Virus in Engels) is die virus wat Vigs (Verworwe immuniteitsgebreksindroom - AIDS in Engels) veroorsaak.

MIV is ’n lid van ’n groep virusse wat bekend staan as retrovirusse, so genoem omdat die virusse van ’n spesifieke ensiem, tru-transkriptase, gebruik maak om te vermenigvuldig in menslike selle. ’n Retrovirus besit nie DNS nie maar stoor die genetiese materiaal in die vorm van RNS. Wanneer ’n retrovirus ’n gasheersel indring, word die tru-transkriptase ensiem gebruik om die DNS van die gasheersel te “kaap” en so kopieë van die oorspronklike virus te maak.

MIV veroorsaak vigs deur spesiale witbloedselle, die CD4+ T-selle, aan te val en te vernietig. Die CD4-selle is limfosiete, ’n groep witbloedselle wat normaalweg die menslike immuunstelsel koördineer in geval van infeksie of ontsteking. Die virus vermenigvuldig binne-in die CD4-selle en soos nuwe virusse vrygestel word, word die selle vernietig.

Omdat die virus die immuunstelsel self aanval, kan die liggaam nie sy gewone meganisme gebruik om homself te beskerm nie. Die drastiese vermindering in die normale aantal CD4-selle lei daartoe dat ander virusse, bakterieë, parasiete en swamme, wat gewoonweg sonder probleme deur die menslike immuunstelsel beveg sou word, in staat is om ernstige siektetoestande te veroorsaak. Die siektebeeld van vigs ontstaan dus wanneer die CD4-telling na 'n kritieke vlak daal.

In ’n besmette individu is die virus teenwoordig in bloed, semen, vaginale vog en borsmelk. Teoreties gesproke kan die virus ook teenwoordig wees in speeksel, urine en ontlasting.

Verspreiding: Onbeskermde seksuele kontak (vaginaal, mondelings of anaal). Die gebruik van kondome laat die risiko aansienlik daal mits die kondoom korrek gebruik word.
Hergebruik van onsteriele naalde onder dwelmverslaafdes.
Verspreiding van moeder na fetus (waar die moeder MIV-positief is).
Naaldprikongelukke onder mediese personeel.

28.2.12

HIV / Vigs

Pieter skryf:
"Sit tans in die vreemde en die dokters maar nie wat wonders nie....is potensieel blootgestel aan HIV ....maar het binne ses maande 3 Elisa toetse en op twee maande een RNA/DNA toets onderneem...alles negatief....maar ja mens bly vaskyk in simptome...wat sê die statestieke...wanneer weet ek verseker eks vry?"


Antwoord:
Indien die toetse korrek gedoen is is jy waarskynlik vry, mens neem ook nou aan jou laaste toets was op vyf/ses maande. Tot drie maande kan verloop voordat die virus deur toetse opgetel word. Tref asseblief goeie voorsorg teen ENIGE moontlike vorm van besmetting.