Die sterblom word al eeue lank as tradisionele medisyne gebruik en het al opslae gemaak, onder die verkeerde benaming “African Potato”, toe dit deur 'n voormalige Minister van Gesondheid aanbeveel is vir insluiting in die daaglikse dieet van MIV-pasiënte. Vandag word ‘n chemiese bestanddeel van die plant wel gebruik om die immuunstelsel van MIV-pasiënte op te bou.
Die tradisionele resep vir die aftreksel:
Die vars knol word deeglik skoongemaak. Dit word dan in klein blokkies gesny of gerasper, wat help om die aktiewe bestanddele vry te stel tydens die kookproses. Die mees algemene tradisionele metode is om die knol vir 20 minute in water te kook.
Verwyder die pot van die hitte en laat effens afkoel. Die vloeistof word dan deur 'n fyn sif of skoon doek gesyg om die vaste stowwe te verwyder, sodat slegs die skoon aftreksel oorbly.
Tradisioneel word ongeveer een koppie (±250 ml) van die warm of lou aftreksel tot drie keer per dag gedrink, gewoonlik vir 'n periode van een week. In sommige tradisionele gemeenskappe word geglo dat die gebruik van 'n blikbeker die doeltreffendheid van die aftreksel verhoog.
Belangrike waarskuwing
Dit is belangrik om daarop te let dat die plant in sekere kontekste ook as gifbol bekend staan. Hoewel dit 'n belangrike rol speel in tradisionele medisyne, kan onbeheerde gebruik risiko's inhou. Selfmedikasie sonder die raad van 'n gekwalifiseerde tradisionele gesondheidspraktisyn of professionele mediese persoon word afgeraai.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
Showing posts with label MIV. Show all posts

21.8.26
20.7.20
Menslike Immuniteitsgebreksvirus
Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV, HIV of Human Immunodeficiency Virus in Engels) is die virus wat Vigs (Verworwe immuniteitsgebreksindroom - AIDS in Engels) veroorsaak.
MIV is ’n lid van ’n groep virusse wat bekend staan as retrovirusse, so genoem omdat die virusse van ’n spesifieke ensiem, tru-transkriptase, gebruik maak om te vermenigvuldig in menslike selle. ’n Retrovirus besit nie DNS nie maar stoor die genetiese materiaal in die vorm van RNS. Wanneer ’n retrovirus ’n gasheersel indring, word die tru-transkriptase ensiem gebruik om die DNS van die gasheersel te “kaap” en so kopieë van die oorspronklike virus te maak.
MIV veroorsaak vigs deur spesiale witbloedselle, die CD4+ T-selle, aan te val en te vernietig. Die CD4-selle is limfosiete, ’n groep witbloedselle wat normaalweg die menslike immuunstelsel koördineer in geval van infeksie of ontsteking. Die virus vermenigvuldig binne-in die CD4-selle en soos nuwe virusse vrygestel word, word die selle vernietig.
Omdat die virus die immuunstelsel self aanval, kan die liggaam nie sy gewone meganisme gebruik om homself te beskerm nie. Die drastiese vermindering in die normale aantal CD4-selle lei daartoe dat ander virusse, bakterieë, parasiete en swamme, wat gewoonweg sonder probleme deur die menslike immuunstelsel beveg sou word, in staat is om ernstige siektetoestande te veroorsaak. Die siektebeeld van vigs ontstaan dus wanneer die CD4-telling na 'n kritieke vlak daal.
In ’n besmette individu is die virus teenwoordig in bloed, semen, vaginale vog en borsmelk. Teoreties gesproke kan die virus ook teenwoordig wees in speeksel, urine en ontlasting.
Verspreiding: Onbeskermde seksuele kontak (vaginaal, mondelings of anaal). Die gebruik van kondome laat die risiko aansienlik daal mits die kondoom korrek gebruik word.
Hergebruik van onsteriele naalde onder dwelmverslaafdes.
Verspreiding van moeder na fetus (waar die moeder MIV-positief is).
Naaldprikongelukke onder mediese personeel.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)