29.7.09
Ovaria / Eierstokke
Die eierstokke is die orgaan in die vroulike liggaam waarin eierselletjies ontwikkel.
Etikette:
Eierstokke
,
Ovaria
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Ek het op die ouderdom van 18 my een eierstok verloor. Ek gaan gereeld na die ginekoloog vir ´n ondersoek en volgens hom is my ander eierstok gesond. Ek is nou onlangs getroud en ons wil so gou as moontlik ´n babatjie hê. Ek was op pil maar is nou al vir twee maande van die pil af. Ek wil weet of ek gaan sukkel om swanger te raak, en is daar iets wat ek kan neem of doen om my te help? Ek wil so graag ´n babatjie hê.
ReplyDeleteJa j gan baby kry Ek ht ook een eierstok my Eerste baba tyd gvat 10jr Na fit vrwyder is my 2 vining gkom drink Krei medsyn dt help
DeleteEk neem aan die dokter het toetse gedoen om te bepaal of jy ovuleer. Dan behoort jy nie meer te sukkel as enige ander vrou met twee eierstokke nie. Gee net kans, want die pil is saamgestel uit hormone, en jou hormone kan tot ses maande vat om na normaal terug te keer. Die belangrikste is om te ontspan.
ReplyDeleteSterkte.
Ek het ook een eierstok wat verwyder is toe ek klein was. Ek was net so bekommerd soos sy, maar was slegs 3 maande getroud toe ek swanger geraak het, en dit boonop met ´n tweeling. Dit was ´n spontane swangerskap en ek is vandag baie trots op my twee seuntjies. Ek wou maar net laat weet dat dit DEFINITIEF moontlik is.
ReplyDeleteEk is bekommerd oor my wederhelf. Sy het reeds n paar jaar terug n historektemie (Hoop dis reg gespel) gehad a.g.v. kanker gewasse. Haar eierstokke was nie n probleem op daai stadium nie. Hulle het nou egter na toetse gevind dat sy nou gewasse op haar eierstokke het wat waarskynlik kanker is en sy is aangeraai om dit te laat verwyder. Sy skop egter daarteen. Sy reken sy sal dan ophou om vrou te wees ens. Ek weet nie in watter rigting ek haar moet aanmoedig nie! Vir of Teen. Wat is die nagevolge van so n operasie?
ReplyDeleteDit klink of jy sal verstaan dat 'n vrou bo alles emosionele ondersteuning nodig het tydens hierdie tyd.
ReplyDeleteIndien sy aangeraai is om dit te doen en hulle seker is dat dit kanker is moet dit so gou as moontlik plaasvind voor die kanker dalk versprei na haar ander vrouedele en later selfs ander organe.
Vind uit of daar nie dalk ondersteuningsgroepe vir persone met (die tipe) kanker in julle omgewing is by wie sy kan aanklop om ekstra ondersteuning nie.
Die nagevolge hiervan is dieselfde as vir meeste vorme van kanker. Sorg dat sy reg eet en oefening kry.
Ek is n mamma van 2 seuns ouderdom 35. Met my laaste seuntjie het die dokter een buis verwuider. na 9 jaar wil ek weet wat is my kans om weer natuurlik swanger te raak.. was by n dr en het gegaan vir invitro maar het dit verloor. wat staan my te doen om weer swager te raak
DeleteOnder normale omstandighede is jou kanse om met een eierstok swanger te raak net so goed soos met twee.
DeleteEk het 'n histerektomie gehad. My eierstokke is nog in. Wil weer trou. My verloofde wil 'n kind hê. Kan ek my eierselle en syne gebruik? Produseer ek nog eierselle al het ek nie meer 'n baarmoeder nie?
ReplyDeleteJy sal nie 'n baba kan dra sonder 'n baarmoeder nie, maar julle kan kinders hê indien julle 'n surrogaatmoeder kan vind in wie jou bevrugte eiersel ingeplant kan word.
ReplyDeleteEen van my vriendinne het 'n histerektomie ondergaan, sy is nou weer geopereer en een eierstok saam met gewas is verwyder. - Nie kwaadaardig nie. Sy is 40. Sy is natuurlik baie hartseer en die liggaam gaan sukkel om te herstel, sy's baie negatief. Ons gebede is met haar. Was baie bang. Hoe gaan slegs die een oorblywende eierstok haar hormone beïnvloed vanaf hier?
ReplyDeleteOnthou dat na veertig, die ovaria geleidelik begin om minder hormone af te skei. In haar geval gaan die hormonale veranderinge nie werklik beduidend wees nie.
ReplyDeleteEk het reeds histerektomie op 33 gehad, 2 Jaar gelede. Het baie gevloei en kon nie meer die stortings vat nie. Het baie probleme met menstruasie gehad. Het reeds 2 kids. Ek wil graag die volgende weet: Het x2 keisers gehad en dan die histerektomie. My eerste kind se kop omtrek was te groot, dus waarom keiser. Sou hul eendag eierstok moet verwyder, waarom moet hul my dan weer oopsny en waarom kan hul dit nie vanaf onder doen nie?
ReplyDeleteDaar is twee prosedures wat gevolg kan word. Met die een maak hulle 'n 15cm sny, maar met die ander net twee baie klein snytjies. Vra jou dokter vir meer inligting.
ReplyDeleteEk wil net graag weet sal ek kan swanger kan raak met sist op my regter kant se eierstok. En hou dit enige gevaar in vir vir die toekoms verder. Sukkel al vir 3 jaar om swanger te raak.
ReplyDeleteJy moet 'n aanbeveling kry by jou dokter oor jou spesifieke geval. Jy kan wel swanger raak met net een eierstok.
ReplyDeleteWat is die presiese tekens en simptome van'n gewas op 'n eierstok? Gaan dit gepaard met steek/druk pyne op die laer abdominale gedeelte en ongereelde menstruasie?
ReplyDeleteMet kankergewasse op die eierstokke is die simptome gewoonlik as gevolg van iets anders wat deur die kanker geraak word. Enige twee of meer van die volgende simptome, maak nie saak wat nie, wat twee tot drie weke aanhou moet deur 'n dokter ondersoek word : Swelling van die laer abdominale gedeelte, pyn in die laer abdominale gedeelte, naarheid, winde, verandering of probleme met jou toiletgewoontes, koors, moegheid, pyn gedurende seks, rugpyn en indien jy moeiliker asemhaal. LET WEL dat hierdie simptome, en kombinasies daarvan, ook 'n aanduiding van ander probleme kan wees. In jou geval kan die simptome ook veroorsaak word deur goedaardige ovariale siste.
ReplyDeleteMy verloofde het n sist op ha eierstokke gehad in 2006 en het toe 'n labroskoppie onder gaan die dr. het toe ook gesien dat daar kanker selle op die eierstokke of sist is. Dit was weg vir n jaar en nou is al die simtome weer terug. Wat kan di oorsaak wees en watse kanker is dit? Sy is ook onder die indruk dat sy kan sterf as di sist bars is dit waar?
ReplyDeleteIndien jy meer inligting omtrent die kanker in haar spesifieke geval wil hê dan moet jy dit met haar dokter bespreek. Dit moet ook onder die dokter se wakende oog bly.
ReplyDeleteNee dit is nie waar dat as 'n sist bars gaan sy doodgaan nie. Hierdie siste is gewoonlik bloot swellings wat met 'n vloeistof gevul is. Meeste van die tyd is hulle goedaardig. Dit klink asof sommige ovariale tumors in haar geval kankeragtig is.
Sy het nou ondersteuning nodig en (ek herhaal) dit is nodig dat sy in behandeling bly.
Ek wonder of julle my kan help asb. Ek is nou so 4 maande van die 3 maande inspuiting af, en ek het nog nie munstreer nie, ek sien ok dat daar baie deurskynende afskysel is, en my eierstokke is ongelooflik seer dat ek met 'n warm watersak moet sit, om die pyn te verminder. is daar dalk 'n probleem of is ek swanger? Ek het so maand terug 'n swangerskap toets gevat en was negatief. Help my asb ek weet nie meer wat om te doen nie.
ReplyDeleteIndien jy permanent sukkel met die pyn moet jy beslis 'n dokter gaan spreek. Dit kan wees as gevolg van die staking van die inspuiting, maar enige permanente pyn moet deur 'n kundige persoon gediagnoseer word.
ReplyDeleteEk is 'n ma van 4 kinders, 1 ste een normal 2 de een keiser 3 ene normal en 4de een keiser. Ek het toe aangevrae vir 'n sterilisasie en hulle het dit somer gedoen met die laaste keiser snee. Ek het net voor my 2 de kind 'n conebiopsy gehad en daar na het ek swanger geraak. Nou na die 4 de kind sukkel ek baie met my menstruasie ( baie ongereeld en as ek dit kry dan is dit baie baie erg.) ek het onlangs 'n baie groot pyn onder my maag so by my eierstokke gekry en ek het ;n baie groot infeksie wat nie baie lekker ryk nie. So ek het dokter toe gegaan en sy het vir my 'n papseer gedoen en ek wag vir die uistlae . sy het ook vir my gese dit kan dalk wees dat sy my 'n hestirektemie gaan gee as dit negatief uitkom anderste 'n libroskopifie(ek hoop dis reg gespel) , Watter ene is die beste en dit 'n betekenis van kanker? Kan dit weg gaan as ek 'n hesterektemie doen? Ek is bang en is nog jonk .
ReplyDeleteDie keuse tussen 'n histerektomie en laparoskopie gaan joune wees. Die dokter sal net 'n histerektomie voorstel indien die uiters noodsaaklik is. 'n Histerektomie is die verwydering van die baarmoeder. Vir 'n jonger vrou sou mens nie graag die baarmoeder wil verwyder nie, tensy dit absoluut noodsaaklik is. Menstruasie sal ophou indien die baarmoeder verwyder is.
ReplyDelete'n Laparoskopie is 'n operasie wat gebruik word vir endometriose of die verwydering van ovariale siste. Met die operasie word 'n klein snytjie gemaak waardeur 'n klein prosedure uitgevoer word. Indien 'n groot sist of tumor verwyder moet word kan 'n groter sny gemaak word wat hulle dan 'n laparotomie noem.
Mens vertrou die dokter sal jou bystaan met die regte besluit na die uitslag van jou toetse. Voorspoed!
Ek het van die begn van die jaar af elke keer net voor ek begin menstrueer pyn by my eierstokke, veral by die regter kantste een. Dit is veral seer as my blaas vol is en wanneer ek toilet toe gaan. Verder skei ek 'n wit-gelerige stof af. Ek is nog maar net 16 jaar oud. Moet ek bekommerd wees?
ReplyDeleteDit is maar altyd die beste om veilig te speel. Het jy dit met jou ma bespreek? Vra jou ma of 'n volwasse persoon wat jy vertrou om jou dokter toe te neem. 'n Mens moet nooit so lank loop met 'n probleem nie. Iets wat dalk nie te erg is nie kan oor tyd skade veroorsaak.
ReplyDeleteEk is 25 jaar oud, is 5mnde getroud en wil graat swanger raak. Ek het 17 Maart vir 'n papsmeer gegaan en die uitslae het gewys dat ek lae abnormaliteit in my baarmoeder het, die Dr het my toe verwys na 'n Genikoloog. Ek was die 17 April by die Genikoloog en sy het op 'n vaginale sonar gesien dat my baarmoeder wel reg lyk maar dat ek vergroote eierstokke het. Sy het vir my 'n vrugbaarheids pil voorgeskryf wat ek moet begin gebruik indien my menstruasie siklus vir drie maande nie normaal is nie. Kan die lae abnormaliteit in my baarmoeder self genees en wat beteken die vergroote eierstokke, sal ek kan swanger raak.
ReplyDeletehi ek het alreeds 3kinders wat aldrie keisersnitte was agv.die eerste een se grootte.na die 3 de kind moes ek my steriliseer agv.nierprobleme dit het daarna minder voorgekom,nou sit ek al vir n paar jaar met die bloeding probleem,eks al 40 jaar oud en my maandstonde slaan sommer so 2-3maande oor,ek ondervind tans 'n bloeding wat nie soortgelyk is aan maandstonde nie.geen bloeding op die pad nie maar as jy jou uitvee is daar bloeding op die toiletpapier.wat stel u voor moet ek doen 'n ginekoloog gaan sien of 'n historektomie.
ReplyDeleteEk is 22 en my huis doktor ht laas week n sist op my regterkantse eierstok
ReplyDeletegevind. Hy ht my aanbeveel om so gou as moontlik by n ginekelog n afspraak te kry. Wat veroorsaak siste? Kan dit its wees wat ek gedoen ht(seks)? Kan n buis baba gesien word as n sist?
Ek is 25 en ek sukel al amper 3jaar om swanger te word het my dokter gaan sien en het toetse laat doen.Dokter het my op trihpasel gesit en toe op primeve plus,mar niks help nie.Sal my dokter vir my clomid voor te skryf as ek hom vra? Sal ek kan swanger raak met (Polycystic ovary syndrome)? Ek het al die simptome van PCOS.Ek het dit al oor weeg om n babatjie aan te neem.Ek wil so graag n babatjie he?
ReplyDeleteEk het vreeslike pyn op my eierstokke.. so erg dat dit my bene lam maak... moet ek bekommerd wees???
ReplyDeleteEk is 26 jaar oud en het 'n pragtige dogter van 17 maande. Maar het vreeslike vroulike probleme vandat ek 'n jong dogter was. Ek het siste in my borste van 16 af en ook in my baarmoeder die eerste keer op 14 jaar. Maart 2010 was die siste in my borste verwyder en nou is dit weer terug en ook onlangs uitgevind dat ek 'n 3cm groot sist op die regter kantste eierstok het en my baarmoeder le agteroor. Wat veroorsaak dit? En kan ek nog 'n baba he?
ReplyDeleteEk was onlangs op fertiliteitsbehandeling en is gevind dat my regterkantse eierstok glad nie eiertjie afgeskei het nie. dr se hy weet nie wat die rede kan wees, daar is tydens die sonar ook geen groeisels op eierstokwaargeneem nie. Wat kan fout wees.
ReplyDeleteEk het ook een eierstok wat verwyder is toe ek klein was. Ek was net so bekommerd soos sy, maar was slegs 3 maande getroud toe ek swanger geraak het, en dit boonop met ´n tweeling. Dit was ´n spontane swangerskap en ek is vandag baie trots op my twee seuntjies. Ek wou maar net laat weet dat dit DEFINITIEF moontlik is.
ReplyDeleteMy regter eiestok is groter as die ander een. Het effens pyn,en my maandeliks menstruasie is baie wissel vallig, het 6 maande terug `n nuwe loep laat insit.(Vir die 3de keer) Het eers gedink dat dit die loep was maar volgends die scan is hy in die regte posisie maar het hulle gesien my eiestok is vergroot. Wat kan die oorsaak wees van die vergrote eierstok?
ReplyDeletePolisistiese Ovaria is een moontlikheid. Vra jou dokter om die oorsaak te bepaal.
ReplyDeleteEk het onlangs uitgevind ek het Polisistiese Ovaria sindroom en ek het 'n sist op my een eierstok , my borste voel ook seer en het knoppe ,moet ek vir 'n mamogram gaan? Is die goed gekoppel aan mekaar ,en wat gebeur as jou sist bars?
ReplyDeleteJy moet ALTYD gaan vir 'n ondersoek indien jy knoppe in jou borste ontdek. As 'n sist bars is behandeling nie nodig nie - soms word pynmedikasie voorgeskryf om die ongemak tee te werk.
DeleteSiste wat bars, is baie seer. Dit het met my in 2011 gebeur. Ek was nog die een oomblik fine, toe ewe skielik was ek duislig, naar en baie siek. My vriendin het my gehelp tot by die badkamer. Met my ontdekking het ek n swart afskeiding gekry. Ek was in BAIE pyn. Dis toe dat ek selfde dag na my Dr toe is, en sy het bevestig dat my sist gebars het,
DeleteAnonymous. Ek het ook elke dan en wan 'n sist op my eierstok (het nog net een) en wil graag weet wat "bevorder" 'n sist? Hoekom kry ek so gereeld 'n sist op my eierstok??
ReplyDeleteHallo,ek hoop iemand kan vir my raad gee. Ek is 'n meisie (19) ek het al vir die afgelope 2 3 +- maande seer regterkant se eierstok. Die pyn was eers nie konstant en elke dag nie maar so paar dae terug is dit net asof dit erger word. My menstriasie pyne is ook baie erger maak nie saak of ek menstriasie pyn pille drink of nie.Ek kan nie vir julle beskryf hoe seer ek het nie. Asseblief as daar dalk niemadn is wat my kan help.
ReplyDeleteIs daar behandeling vir siste op eierstokke sonder om operasie te doen.
ReplyDeleteAnonymous
ReplyDeleteHi ek is 4jr getroud en sukkel om swanger te raak. Ek het vrugbaarheids behandeling gekry en niks het gehelp. Die ginekoloog vind toe uit dat my eierstokke lui is. Is daar iets wat ek kan gebruik dat dit meer aktief kan wees. My hartsbegeerte is om my eie baba te hê. Ek hoop iemand het raad vir my.
Ek is 29. In Sep 2011 is Ovariale Siste by my gediagnoseer, ek het in Oct 2011 my eerste Laparoscopy gehad. Met my eerste Laparoscopy was my siste 1 x 5cm en 3 x 2cm. Bo op dit was ook endometriose. Na my Operasie het ek soos gewoond aan gegaan. In Dec 2011, is 2 x 5cm siste by my gediagnoseer, ek het weer vir n Laparoscopy gegaan. Na die operasie, het die Dr my vertel dat sy n skraap ook moes doen, want ek het n buis swangerskap gehad. Ek was gebreuk. Die hele 2012 was ek op fertility medikasie gesit, om te kyk of ons kan swanger raak. Vandag Jan 2013, is weer n groot sist gekry 4.5cm x 6.1cm. Ek is raad op. Ek moet oor 3 weke vir my 3rde Laparoscopy gaan. My vraag is, wanner hou dit op?
ReplyDeletegoeie naand!!!
ReplyDeleteek wil weet wanneer jy n histerektomie gehad het ovileer jy nog?
kan jy swanger raak? ek weet daar is een geval van n vrou wat swanger geword het en toe hulle op 16 weke opereer vir ietsie anders toe kry hulle die fetus. kan mens dalk swanger raak met n buisbaba?? ek weet nie of ek my vraag reg stel nie. meskien kan iemand my help. sal waar deur.
baie dankie
Jax
Goeie naand.Ek en my man wil BAIE GRAAG weer swanger raak maar eke is 2 jaar terug gisterilisseer.Jammer vir die spelling.Ons het ons meisiekind 2jaar terug verloor.Sy het net 24uur gelewe.Sy is oorlede aan backtriele virus op haar longe.Sy is nou die 13de Mei Dinsdag wat verby is 2jaar terug oorlede.Ons wil BAIE GRAAG swanger raak maar het nie die finansies om te gaan vir die reverse nie!Is daar nie n ander way dat ek kan try swanger word nie.Kan u ASB vir my raad gee??? Baie danq.Mercia Botha.
ReplyDeleteJy verwys na 'n "reversal" so ek neem aan jy het 'n afbinding gehad. Ongelukkig is die alternatiewe prosedure, in vitro bevrugting, ook duur. Sommige metodes van afbinding faal van tyd tot tyd. Jy kan net hoop dat dit so in jou geval is. Voorspoed vir julle! PS Wat van aanneming?
DeleteEk is 22 jaar oud, is al drie jaar getroud en wil ek en my man baie graag swanger word, ek was by my huisdokter en toe na 'n ginikiloog (jammer vir spelling), daar is 'n sist op my eierstok, die ginikiloog het vir my gesê ek moet die pil gebruik dan sal dit weggaan, ek het dit gebruik vir 6 maande, maak as ek by die rooi pille kom het ek nie eers gemenstrieer nie. Ek het toe nie verder gebruik nie. Ek het ook 'n afskyding wat half gel is ek is raadop, as iemand vir my kan help email my by blouwatervervoer@gmail.com, gaan dit help om my baarmoeder en eierstokke skoon te skraap, en waar kan ek dit doen? Ek bly in Senekal in die Vrystaat.
ReplyDeleteDankie
Chantelle Main
Dit is nie noodwendig verkeerde raad nie. Jy kan gaan vir 'n tweede opinie of jy kan teruggaan en die ginekoloog inlig oor wat gebeur. 'n Sist kan verwyder word. Dit is 'n eenvoudige prosedure as die sist nie te groot is nie. Voorspoed met die swangerskap!
DeleteNaand. Kan u dalk help. Ek het presies 4 maande terug n historektomie ondergaan en met die operasie saam het hulle my blindederm verwyder. Vir die afgelope 2 weke ondervind ek vreeslike steek pyne in my regter sy. Dit gaan gepaard saam met naarheid,moegheid en gereelde hoofpyn. Kan u dalk my n moontlike rede gee vir die pyne.
ReplyDeleteIndien jy so iets ondervind na afloop van 'n operasie moet jy jou dokter gaan spreek.
DeleteHallo, ek is so 3maande terug gediagnoseer met 'n sist op my linker eierstok. Die dr het gese dut sal vanself weggaan. Ek het nog nooit enige pyn of bloeding ervaar nie. Is die sist nog steeds daar en groei dit nog of nie. Ek kry die afgelope 2 weke baie pyn op die krop van my maag en voel baie opgeblaas. Wat kan dit wees?
ReplyDeleteDIt gaan nie noodwendig aaltyd vanself weg nie. Gaan weer vir 'n ondersoek.
DeleteHi almal..ekt gister so na jul vrae gelee. Dit het baie gehelp,ek het so 2jaar trug uitgrvind ekt a sist die dokter het toe gese dus nie iets om oor bekommerd wees nie.So het dit nou gegroei dat dit nou n tennis bal is ek die afgelope tyd baie pyn gehad is gister dokter toe word more gedoen. Hopenluk gaan dit net die gewone operasie wees agv van vorige operasies kan dit moeilik wees se die ginekoloog. Dankie vir die blad,dit help baie.
ReplyDeleteEk is 22 en was so maand terug by die dr en sy het n sonaar gedoen en kon nie my eierstok regs sien nie wat kan dit wees daar is so nou en dan reedelik pyn
ReplyDeleteEk is 55jr. Is 3 jr gelede gediagnoseer met borskanker (linker bors verwyder) Afgelope 3mnde baie opgeblaas, kort asem en laaste 3 weke lyk my buik na 6mnde swanger. Pyn aan regterkant, ondraaglik met rugpyn. Ek gaan die 27ste Jan vir Ultrasound. Wat is die kanse vir eierstokkanker. Ek is vrek bang!!
ReplyDeleteHi almal.
ReplyDeleteMy vrou is ge-diagniseer met PCOS. Sy het al n Laperoscopy gedoen en dokters se haar eierstokke is te na aan haar baarmoeder ge-block....is daar enige raad? Ons is nou 3 jaar getroud en wil graag babatjie he.
Hi almal
ReplyDeleteEk wil net weet of die eierstok cist bars en verdwyn ?
Hi almal ek wil graag weet of n pap smear kan se wat in n vrou se baarmoeder aangaan..
ReplyDeleteDie toets neem selle van die laagste punt van die baarmoeder. Hulle gebruik dit om te kyk vir enige abnormaliteite wat kan lei tot kanker.
DeleteHi ek wil tog net weet my dogter van 16 is 2maande met n cysts op haar linker eierstok behandel. Nadat sy klaar behandel is so maand daarna is menstruasie net weg. Is dit normaal. Was by die dokter maar hy se dit kan dalk stres wees.
ReplyDeleteHi alamal ek het twee buis swangerskappe gehad waarvan altwee my buiste uitgehaal was is daar n moontliheid dat ek dalk kan swanger raak
ReplyDeleteHi ek wil weet of da enige medikasie is vir vergroote eierstokke en siste op eierstokke en kan n mens steeds swanger word as jy dit het
ReplyDeleteHi ek het raad nodig ek sit met n baie skerp steek pyn op my eierstokke ek kannie beweeg met die pyn nie, dan is die pyn weg vir dag of 2 dan 'n baie skerp steek pyn. En na sex wil ek dood gaan van pyn. Help asb ek raad op
ReplyDeleteHi ek het raad nodig ek sit met n baie skerp steek pyn op my eierstokke ek kannie beweeg met die pyn nie, dan is die pyn weg vir dag of 2 dan 'n baie skerp steek pyn. En na sex wil ek dood gaan van pyn. Help asb ek raad op
ReplyDeletegoeie dag
ReplyDeleteek wil net weet wat is die simtome van n cict? want ek sukkel ook om swanger te raak en het nog nooit kinders gehad nie ek wil baie graag n babatjie he en ek kry elke maand my maand stonde dit is die dag voor ek begin seer oor my maag maar dan is dit weg.
Dit is die simtome seer oor die maag jy moet asb gou as moontlik afspraak maak by die gunigoligyst. Dankie
DeleteHi.ek het verskiklike pyn van agter my rug tot voor by my linker eiestok ek kan nie eers op my linkerbeen trap nie so seer is di pyn wat kan dit wees? Was by dr het pil gegee wat ek moes indruk maar pil het wee afgeskei
ReplyDeleteHi. Ek wil graag net uitvind ek sit met een eierstok het nie historektomie gehaad nie. Ek het op 27 'n buisbaba gehaad wat gelei het tot twee hardversakens daar moes 'n nood operasie gevoer word want die buis het gebars en dus een eierstok moes verwyder word. Ek is nou 41jaar kan die een eierstok veroorsaak dat jy 'n wan belaans in jou hormone en dies he. Ook as dit 'n week of so voor dit menustrasie is word dit onsaglik seer agter by my stykie tot teminste 2 dae net na ek begin vloei
ReplyDeleteHoe weet ek of n gewas op my eierstok verdwyn het?
ReplyDeleteMy dogter kla vn pyn op haar eierstokke...is dar n boereraad wat ek kan gebruik of moet sy dokter toe...
ReplyDeleteGoeie dag. Ek het vanoggend op my maag gele en toe kry ek so steek Pyne van my eierstokke se kant af aan die linker kant en dit gaan verder op na my sy en nou is dit nou my rug toe. Wat kan dit dalk wees? Ek het n (btl), om nie weer swanger te word nie en dis nou al 6 jaar later. En dit is regtig seer. En ek het n baie water "discharge" wat uit kom. Meer as gewoonlik. En ek voel nou so bietjie sooibrand ook en nog steeds seer aan linker kant en steek pyne. Enige voodstele. Asb en dankie
ReplyDeleteEk is ook met geblokkeerde buise is daar nie hulp vir my nie wil baie graag n baba hê
ReplyDeleteHet jy al met 'n dokter hieroor gepraat? Dit gaan afhang van wat spesifiek fout is in jou geval. As hulle een eierstok kan regkry kan jy swanger raak.
DeleteEk het ook n verskriklike pyn in my linkerkant se eierstok maar ek weet nie of dit n eierstok is of n dikderm is want as my maag nie afsit vir 3 of 4dae nie dan pyn ek verskriklik aan my linkerkant se se been ook
ReplyDeleteDit sal veiliger wees om 'n mediese diagnose te kry.
DeleteHi wil net weet al twee eierstokke is gebrand kan n mens weer swanger raak
ReplyDeleteDit sal afhang van watter tipe prosedure jy ondergaan het. Daar is verskeie opsies in die geval. Jou dokter behoort te weet wat jou persoonlike situasie het. As jou mestuele siklus nog plaasvind, dan is die kanse goed dat jy nog kan swanger raak. Selfs wanneer dit nie daar is nie, is daar dalk ander opsies soos in vitro bevrugting.
Delete