Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Spatare. Show all posts
Showing posts with label Spatare. Show all posts

16.11.23

Spatare

Spatare ontstaan wanneer die aarkleppe onklaar raak wat die terugvloei van bloed na die hart keer. Bloed wat afwaarts vloei dam op in die are met die gevolg dat die are hul struktuur verloor. Die probleem met aarkleppe is gewoonlik oorgeërf. Dit kan ook ontstaan weens swangerskap of oorgewig.

Spatare kom veral in die bene voor.

Algemene simptome is moeë bene, pyn en geswolle enkels. Dit kan ook gebeur dat die bene 'n bruinerige blou kleur kry as gevolg van 'n tekort aan suurstof.

Ondersteunende rekkouse word aanbeveel vir persone met spatare. Rekkouse los egter nie die probleem van pyn of onooglike bene op nie. Verloor gewig indien jy oorgewig is. Die raad aan almal met spatare is om baie te stap.

Chirurgiese behandeling sluit in stroping van die aar. Die is 'n klein operasie met uitstekende resultate.

23.3.16

Die behandeling van bloeiende spatare

1. Ontbloot die wond en oefen regstreekse druk uit met jou vingers of palm.

2. Laat die persoon op sy / haar rug lê en lig die beseerde been so hoog as moontlik om die bloed na die hart te laat terugvloei.

3. Maak alle stywe klere los of verwyder dit.

4. Plaas ’n steriele, ongemedikeerde wonddekking op die wond. Dit moet groot genoeg wees om die area om die wond ook te dek. Maak dit styf vas om die bloeding te beheer, maar moet nie die sirkulasie afsny nie.

5. Hou die been gelig en ondersteun.

6. Behandel vir skok indien nodig.

7. Kry die persoon by ’n hospitaal, maar hou die behandelingsposisie indien moontlik.

16.3.16

Bloeiende spatare

Sekere are in die bene bevat koepelagtige terugslagkleppe om die bloed na die hart te laat terugvloei.

Wanneer hierdie kleppe verswak neig die bloed om ’n poel te vorm en die are word dik en staan uit.

Beenare is groot en bevat baie bloed. Indien ’n spataar bars of beseer word, is daar dus massiewe bloedverlies. Dit kan noodlottig wees indien dit nie dadelik behandel word nie.

Simptome en tekens
• Donkerrooi bloed sal ’n teken wees van ernstige uitwendige bloeding.
• Die persoon kan aan skok ly.
• Die persoon kan bewusteloos raak.

Beheer die bloeding deurdruk uit te oefen. Kry dan die persoon so gou moontlik by die hospitaal.