Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Snork. Show all posts
Showing posts with label Snork. Show all posts

26.9.11

Snork vrae

Lollie Calitz skryf:
"Asseblief wat kan 'n mens gebruik vir snork, altans om op te hou snork."

Antwoord:
Daar is verskeie kure vir snork. Allerhande knippies, knypers en maskers is by jou apteek beskikbaar. Die beste oplossing is egter steeds om jou dokter te raadpleeg.

Nee-wat vra:
"My pa snork. nie jou gewone oomie-van-langsaan se snork nie. Nee, hy het beslis ´n probleem. Hy gaan slaap moeg en word moeg wakker. As jy luister terwyl hy slaap, is sy snork en asemhaling nie eenkeer dieselfde nie - ek bedoel na mekaar nie. Dis elke in en uit asem onreëlmatig, en ja, hy hou sommer partykeer op asemhaal vir lang rukke. Ek weet daar is so ´n soort siekte, en ek wil weet waar in Suid-Afrika kan ek vir hom ´n afspraak maak. Hy is bereid om te gaan, maar dit moet iets wees soos ´n snork-kliniek wat spesialiseer. Ek kan dit nie meer hanteer om hom soos ´n slaapwandelaar te sien rondloop nie - hy is konstant depressief en perform nie soos die great dad wat hy is nie. Help asseblief."

Suster: Hi
Dit klink asof jou pa definitief aan slaap-apnee ly. Daar is beslis hulp vir hom wat sy lewe ingrypend sal verbeter. Gaan sien jou huisdokter vir ´n verwysing.
Sterkte, en laat weet hoe dit gaan!

28.3.11

Snork

Wanneer lug iemand se sagte verhemelte laat vibreer hoor ons 'n snorkgeluid. Alles wat dus die asemhaling kan versteur kan 'n gesnork veroorsaak.

Die snork gebeur veral wanneer die persoon op sy of haar rug slaap.Die tong val dan terug in die mond en keer dat lug vrylik vloei.

Jy kan sommer by jou apteek hoor wat die jongste kure is vir snork. In erge gevalle is chirurgie nodig.