Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.9.11

Snork vrae

Lollie Calitz skryf:
"Asseblief wat kan 'n mens gebruik vir snork, altans om op te hou snork."

Antwoord:
Daar is verskeie kure vir snork. Allerhande knippies, knypers en maskers is by jou apteek beskikbaar. Die beste oplossing is egter steeds om jou dokter te raadpleeg.

Nee-wat vra:
"My pa snork. nie jou gewone oomie-van-langsaan se snork nie. Nee, hy het beslis ´n probleem. Hy gaan slaap moeg en word moeg wakker. As jy luister terwyl hy slaap, is sy snork en asemhaling nie eenkeer dieselfde nie - ek bedoel na mekaar nie. Dis elke in en uit asem onreëlmatig, en ja, hy hou sommer partykeer op asemhaal vir lang rukke. Ek weet daar is so ´n soort siekte, en ek wil weet waar in Suid-Afrika kan ek vir hom ´n afspraak maak. Hy is bereid om te gaan, maar dit moet iets wees soos ´n snork-kliniek wat spesialiseer. Ek kan dit nie meer hanteer om hom soos ´n slaapwandelaar te sien rondloop nie - hy is konstant depressief en perform nie soos die great dad wat hy is nie. Help asseblief."

Suster: Hi
Dit klink asof jou pa definitief aan slaap-apnee ly. Daar is beslis hulp vir hom wat sy lewe ingrypend sal verbeter. Gaan sien jou huisdokter vir ´n verwysing.
Sterkte, en laat weet hoe dit gaan!

No comments :

Post a Comment