Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.1.23

Kruie vir kwale: Hoofpyn

’n Tee van oregano verlig hoofpyn.

♦♦♦

Tee van marjolein verlig hoofpyn.

♦♦♦

Stamp gedroogde basielkruid blare fyn en maak vir jou snuif vir hoofpyn.

♦♦♦

Plaas ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en geur met heuning na smaak.
Drink dit vir hoofpyn.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir hoofpyn deur ’n opgerolde blaar in ’n neusgat te hou.

♦♦♦

Trek kattekruid-blare soos soos ’n sterk tee.

♦♦♦

Trek roosmaryn soos ’n sterk tee wat jy versoet met heuning.

♦♦♦

Meng ’n pakkie Engelse sout met ’n pakkie kremetart en ’n eetlepel fyngemaalde aluin. Neem 3 maal per dag 1 mespunt vol op die tong.

♦♦♦

Maak ’n lappie nat met asyn en strooi fyn kaneel oor, plaas dit dan op die voorkop.

♦♦♦

Soms kan jy eenvoudig aan 'n bietjie vlugsout ruik om 'n hoofpyn te verlig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment