Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met veluitslag. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.
♦♦♦
Vir enige velaandoenings kan jy heuning en kaneel gelyke dele meng and aan die geaffekteerde dele smeer elke aand voor jy gaan slaap.
♦♦♦
Maak ’n gesigmasker met 2 teelepels heuning, 2 eetlepels olyfolie, 5 druppels vitamiene E olie en 1 teelepel mieliemeel. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Lê en ontspan vir 15 minute.
Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
No comments :
Post a Comment