Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

25.8.25

Die senna plant

Senna is ‘n plant waarvan ’n ekstrak of die blare as ’n sterk purgeermiddel gebruik word vir die verligting van hardlywigheid, gal en word ook deur medici voorgeskryf om die kolon skoon te maak voor prosedures soos ’n kolonoskopie.

Algemene newe-effekte van senna, wat by meer as 1 uit 100 mense voorkom, is maagkrampe en diarree. Daar is geen bewyse dat dit onveilig is tydens swangerskap nie, maar raadpleeg altyd jou dokter tydens swangerskap voor jy enige medikasie of kruie gebruik.

Die blare is algemeen beskikbaar by apteke.

19.8.25

Wildeals

Wildeals (Artemisia afra) kan gebruik word vir verskeie kwale, byvoorbeeld aamborstigheid, asma, belroos, brongitis, griep, hoes, jig, keelseer, kinkhoes, maagpyn, probleme met die neus, oorpyn, sooibrand, spysvertering probleme, tandpyn verkoue en winderigheid.

Tee
Die mees algemene manier van gebruik is om ’n tee te maak deur ’n kwart koppie vars blare vir ongeveer 10 minute in 'n koppie kookwater te week. Die mengsel word dan gesif, en kan met heuning versoet word. Vir ’n seer keel kan jy gorrel met die tee.

Afkooksels
Jy kan ook afkooksels van die blare maak deur dit vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word vir die behandeling van koors, vel- en klierontstekings, herpes, letsels en aambeie. Hulle kan ook gebruik word om sekere liggaamsdele te bad, soos die oorkanaal of aambeie.

Afkooksels kan ook op jou bekkn geplaas word vir die behandeling van menstruele krampe.

Kook knoffel saam met die wilde-als om dit op die voorkop te as ’n koorswerende middel.

Terwyl die blare kook kan die stoom ingeasem word om respiratoriese kwale en seer keel te verlig.

Belangrik!
Tradisionele kennis word dikwels mondelings oorgedra, dus kan presiese voorbereidingsmetodes en selfs beskrywings van bestanddele tussen genesers en streke verskil. Alhoewel dit oor die algemeen as veilig in klein medisinale dosisse beskou word, bevat Aloe maculata aloïen, 'n bitter verbinding wat toksies kan wees of spysverteringsprobleme in groot hoeveelhede kan veroorsaak. Interne gebruik moet met omsigtigheid benader word en verkieslik onder leiding van 'n opgeleide praktisyn.

14.8.25

Liddorings

’n Liddoring is ’n pynlike, harde verdikking van die vel aan jou voet. Dit kom veral voor op die tone. Dit ontstaan wanneer die vel aan oormatige druk of wrywing blootgestel word. Hulle vorm meestal op die voete – veral op die bokant en kante van die tone, die sole, en soms tussen die tone – maar kan ook op ander dele van die liggaam voorkom.

Die mees algemene oorsaak van liddorings en eelte op die voete is om te loop of te hardloop in swak skoene. Langdurig staan in stywe skoene of hoëhakskoene kan eweneens bydra tot hul ontwikkeling. Ander faktore sluit in om sonder skoene te loop, skoene sonder sokkies te dra, of om aan handearbeid of sportaktiwiteite te deelneem wat herhaalde druk op die voete uitoefen.

Maak seker dat jou voete gereeld lug kry en droog is. Dra oop skoene om die probleem te help oplos. Maak ook seker jou skoene is nie te klein nie.

Boereraat:

Draai ’n lappie om die toon wat die liddoring het. Gooi nou asyn - so warm as moontlik op die lappie. Doen dit elke aand vir 8 dae. Die liddoring behoort na 8 dae heeltemal los te wees.

♦♦♦

Krap die liddoring goed en smeer dan Balsem Sulphuris aan. Laat dit droog word. Trek nou kouse en skoene aan. Herhaal soggens en saans tot die liddoring uitgedroog het.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31.7.25

Goeie dieet voorstelle vir galblaas probleme

Bly weg van kosse met baie vet en wat alles wat hoog in cholesterol is.
Hier is 'n paar goeie voorstelle:
Vars vrugte, bessies en groente
Maer vleissnitte
Pluimvee sonder vel
Vis en skulpvis
Vetvrye gebak
Styselagtige koolhidrate, soos aartappels
Laevet suiwelprodukte soos afgeroomde melk, lae-vet jogurt, vetvrye roomyse en poedings
Vrugte smoothies gemaak van vrugte en lae-vet jogurt
Korrels / sade soos rys, bulgar, gort en quinoa - gekook sonder bygevoegde vet
Pasta met vars souse
Hawermout

24.7.25

Kruie vir kwale: Boererate vir Slapeloosheid / Slaaploosheid

Duiwelsdrek help vir slaaploosheid deur die persoon te kalmeer.
Neem drie maal daagliks saam met melk of heuning, genoeg om die punt van ‘n mes toe te maak.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir slaaploosheid.

♦♦♦

Koljanderblare help met slapeloosheid by sommige mense.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir slaaploosheid.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir slaaploosheid.

♦♦♦

Drink kruisementtee voor jy gaan slaap, of gooi ’n paar druppels kruisementolie of vars kruisement in jou badwater.

♦♦♦

Drink ’n koppie kamille-tee (chamomile / chamomile) net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels laventelolie op jou kussing.

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel vir slapeloosheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.7.25

Kruie vir kwale: Rugpyn

Boegoe-essens kan gebruik word vir die behandeling van rugpyn. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n wynkelkie water drie maal daagliks.

♦♦♦

Boegoeblare blyk baie goed te wees vir die behandeling van minder ernstige rugpyn.
Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir lendepyn.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie-blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir rugpyn.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir rugpyn.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir rugpyn.

♦♦♦

Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

♦♦♦

Die Tswana-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang. Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan die rug en polse om dit te help herstel.
Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.7.25

Kruie vir kwale: Vergiftiging

Die blaarsap van die bontaalwyn word soms met warm water of kruietee gemeng en gedrink. Daar word geglo dat dit help as 'n ligte middel om minder ernstige vergiftiging te behandel.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie