’n Liddoring is ’n pynlike, harde verdikking van die vel aan jou voet. Dit kom veral voor op die tone. Dit ontstaan wanneer die vel aan oormatige druk of wrywing blootgestel word. Hulle vorm meestal op die voete – veral op die bokant en kante van die tone, die sole, en soms tussen die tone – maar kan ook op ander dele van die liggaam voorkom.
Die mees algemene oorsaak van liddorings en eelte op die voete is om te loop of te hardloop in swak skoene. Langdurig staan in stywe skoene of hoëhakskoene kan eweneens bydra tot hul ontwikkeling. Ander faktore sluit in om sonder skoene te loop, skoene sonder sokkies te dra, of om aan handearbeid of sportaktiwiteite te deelneem wat herhaalde druk op die voete uitoefen.
Maak seker dat jou voete gereeld lug kry en droog is. Dra oop skoene om die probleem te help oplos. Maak ook seker jou skoene is nie te klein nie.
Boereraat:
Draai ’n lappie om die toon wat die liddoring het. Gooi nou asyn - so warm as moontlik op die lappie. Doen dit elke aand vir 8 dae. Die liddoring behoort na 8 dae heeltemal los te wees.
♦♦♦
Krap die liddoring goed en smeer dan Balsem Sulphuris aan. Laat dit droog word. Trek nou kouse en skoene aan. Herhaal soggens en saans tot die liddoring uitgedroog het.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Showing posts with label Liddoring. Show all posts
Showing posts with label Liddoring. Show all posts
14.8.25
4.2.21
Kruie vir kwale - Liddorings
Sny ’n stukkie suurlemoenskil en plaas dit in ’n koppie. Gooi ’n halwe koppie asyn by en laat dit trek vir 2 dae. Sit dan die skil op die liddoring en bind vas. Herhaal elke dag met ’n ander stukkie skil.
♦♦♦
Meng ’n teelepel sout met ’n bietjie asyn. Smeer elke oggend en elke aand aan liddorings.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Meng ’n teelepel sout met ’n bietjie asyn. Smeer elke oggend en elke aand aan liddorings.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)