Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



22.11.17

Suiker en kanker

’n Navorsingsprojek van nege jaar het nou bewyse bevind van hoe die Warburg-effek plaasvind. Die Warburg-effek verwys na die verskynsel waar kankerselle suiker afbreek. Dit stimuleer die groei van kankergewasse. Hierdie ontdekking bied bewyse van die verband wat daar bestaan tussen suiker en kanker.

Die navorsing is gedoen deur die Vlaamse Instituut vir Biotegnologie en gepubliseer in die akademiese joernaal Nature Communications.

20.11.17

Omega-3 is goed vir jou hart

Navorsing wat meer as 71 000 mense betrek het toon dat omega-3 vetsure jou kanse op ’n dodelike hartaanval aansienlik verminder. Sowat 42% van mense wêreldwyd met harsiektes sterf jaarliks as gevolg van ’n hartaanval.

Selfs diegene met cholesterol-probleme se risiko op ’n hartaanval word aansienlik verminder – met 17%.

Deelnemers aan die studie het 1 g omega-3 vetsure per dag gekry. Die navorsers vermoed dat die effek van dié vetsure is selfs beter as dit van vis verkry word.

Die navorsing is twee maande gelede gepubliseer in die Journal of Clinical Lipidology.

15.11.17

Beenfrakture

Met beenfrakture verwys ons na frakture van een of albei bene van die onderbeen, die skeenbeen (tibia) en die kuitbeen (fibula).

Frakture van die bopunt van die skeenbeen kom gewoonlik voor wanneer ’n voetganger deur ’n motorbuffer getref word. Dit staan bekend as ’n bufferfraktuur.

Die kuitbeen word gewoonlik gebreek deur die verdraaiing van die enkelgewrig. Dit word gereeld verwar met ’n verstuiting van die enkel.

Simptome en tekens
• Swelling en kneusing.
• Die been sal duidelik verdraai wees as albei bene van die onderbeen gebreek is.
• Misvormdheid van die been.
• ’n Moontlike oop wond as die skeenbeen gebreek is.
• Moontlike simptome en tekens van skok.

13.11.17

Pankreaskanker

Pankreaskanker is een van die dodelikste tipes kanker wat jy kan opdoen. Mense wat hiermee gediagnoseer word lewe meestal slegs weke, die gelukkiges ’n paar maande.

Rokers is veral geneig om hierdie tipe kanker te kry. Ook diabete kry dit meer gereeld as die res van die bevolking.

Die eerste simptome is gewoonlik pyn, naarheid en diarree.

8.11.17

Kruie vir kwale: Heupjig en ander senuweepyne geassosieer met die heupe

Natuurlike middels gemaak van die gedroogde wortels van die inheemse duiwelsklou (devil’s claw) word aanbeveel vir persone met heupjig of enuweepyne geassosieer met die heupe. Kyk op die verpakking van medikasie gemaak van die plant dit ten minste sowat 50 mg van die aktiewe bestanddeel “harpagoside” bevat. Mense wat maagsere het en diegene wat medikasie gebruik wat die bloed verdun moet dit vermy.

Jy kan ook ys of hitte gebruik vir tydelike verligting. Oor die algemeen is fisiese oefening soos joga of stap ook goed hiervoor. Dit verbeter die bloedtoevoer na die senuwee, wat help om van die chemikalieë wat die inflammasie veroorsaak ontslae te raak. Indien stap te seer is, probeer in ’n swembad oefening doen.

6.11.17

Brokkoli ís goed vir jou

Daar is slegte nuus vir almal wat brokkoli haat. Dié groente is baie goed vir jou dermkanaal.

Volgens navorsers aan Penn State in Amerika begin baie van ons probleme in die dermkanaal, wat kan lei tot erger aandoenings soos artritis, hartsiektes en kanker. Deur jou maag en dermkanaal gesond te hou gee jy ’n groot stap na ’n goeie gesonde liggaam. Hiervoor moet die dermkanaal goeie weerstand kan bied teen gifstowwe en ander skadelike mikroörganismes.

Daar is ’n reseptor in die dermkanaal wat die liggaam se reaksie op skadelike stowwe reguleer. Navorsing aan Penn State het getoon dat wanneer ’n komponent van brokkoli met die reseptor verbind verbeter dit die vermoë van die reseptor om die dermkanaal gesond te hou. Dit is veral ’n goeie teenvoeter vir inflammasie, wat kanker en Crohn se siekte tot gevolg kan hê. Deur gewoon gereeld brokkoli te eet verbeter jy jou dermkanaal se gesondheid.

Spruitkool en blomkool het soortgelyke eienskappe as brokkoli.

2.11.17

Kruie vir kwale: Boererate vir hardlywigheid

Gooi 1 eetlepel lynsaad in ’n glas water en laat staan dit oornag.
Gooi die water af en gooi die lynseed oor jou ontbytpap. Dit sal help indien dit gereeld gebruik word.