Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

27.1.09

Diabetes / Suikersiekte

Twee basiese tipes diabetes word aangetref, naamlik diabetes insipidus en diabetes mellitus.

Diabetes mellitus ontstaan as gevolg van insulien in die pankreas. Insulien is nodig sodat glukose, wat die liggaam se bron van energie is, aangewend kan word. Glukosevlakke word deur insulien binne veilige perke gehou, en daarom kan die bloedglukosevlakke van lyers gevaarlik hoog raak.

Soek onmiddelik mediese hulp. Diabetes is dodelik en kan slegs deur dokters behandel word.

21.1.09

Die brandnetel is ´n wonderlike ding.

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak.

As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is.

Hoe om jou druppels te maak: Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

skrywer: Peter M von Maltitz

Verkalkte are

Boereraat:

Drink elke aand ’n bietjie whisky.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

Verbygaande iskemiese aanval (VIA)

'n Verbygaande iskemiese aanval (VIA) is 'n miniberoerte. Dit kom voor wanneer 'n klein bloedklontjie of aarspasma bloedvloei tydelik onderbreek in of na die brein. Dit is soortgelyk aan 'n volskaalse beroerte.

'n VIA rig nie blywende skade aan nie, maar dit kan dui op 'n moontlike ernstige aanval later. Dit is ook 'n aanduiding dat die persoon 'n hartaanval kan hê.

Gaan sien dadelik 'n dokter indien jy vermoed jy het 'n miniberoerte gehad.




(foto: Ron Lach)

20.1.09

Vingers


Die vyf voorlitte van elke hand is 'n baie belangrike deel van die anatomie.

Verrekking

Verrekking is wanneer spier- of tendonvesels wat 'n spier aan 'n been verbind rek of skeur.

Die verrekte gedeelte sal seer wees, teer voel en geswel wees.

Hierdie besering vind normaalweg plaas wanneer die spiere koud of styf is. Die verkeerde uitrusting, soos drafskoene, dra ook grootliks by tot hierdie besering. 'n Swak postuur kan 'n bydraende faktor wees by hierdie besering.

Sorg dat jou spiere opgewarm is voor jy oefen en maak seker jy dra die regte skoene vir die oppervlak waarop jy oefen en jou voet.

Verminder vet in jou dieet

Hier volg 'n paar eenvoudige stappe wat jy kan volg om die vet in jou dieet te verminder.

Stoom, kook of mikrogolf groente of roerbraai dit in klein hoeveelhede olyfolie.

Gebruik eerder kruie en speserye as smaakmiddels in die plek van souse, botter en margarien.

Gebruik suurlemoensap of 'n lae-vet slaaisous oor jou slaai. Jy kan die mayonaise en suurroom in slaaisouse vervang met jogurt.

Gebruik olyfolie in plaas van margrien of botter.

Vervang volroommelk met afgeroomde melk.

Koop vleis met 'n lae vetinhoud en sny enige sigbare vet van vleis af.

Rooster, bak of kook vleis, pluimvee en vis so dat die vet afloop soos die kos gaar word.

Gebruik 'n pan waarin kos nie kan vassit nie.

Skep die vet af van bredies met vleis of pluimvee.

Eet een maal per week 'n lae-vet vegetariese dis.

skrywer: Kathy Thompson

Oor die skrywer
Kathy Thompson is 'n skrywer en spreker met meer as 25 jaar se ondervinding in navorsing van voeding en oefening.

Wenk: Doen jou liggaam ´n guns en drink water. Water het geen kilojoules nie, maar bevat heelwat belangrike minerale. Indien dit saam met ´n ete geneem word help dit die spysvertering aan. Dit is maklik om water in die hande te kry, dit is goedkoop en maak sowat 75% van ons liggaamsgewig op.

Vitamien C en Yster

Navorsers by die Mayo Clinic het bevind dat lensies, bone, soja, neute en volgraan brood uitstekende bronne van proteien is.

Volgens die wetenskaplikes hoef vegetariërs nie ´n kombinasie van groente te eet om die regte proteiene in te kry nie.

Bone, ertjies, volgraan brood, spinasie, rosyntjies, appelkose, perskes, neute en sade is uitstekende bronne van yster.

Deur voedsel ryk aan Vitamien C saam met die ryk aan yster in te neem verbeter die liggaam se opname van yster.

Vegetariërs moet let dat daar heelwat vet teenwoordig is in melk, kaas en neute.

19.1.09

Voedselvergiftiging

Voedselvergiftiging is ongesteldheid as gevolg van die eet van bedorwe of giftige voedsel. Dit kan noodlottig wees.

Boereraat:

Drink drie maal per dag 6 druppels Lugol's Iodine op 1/4 glasie water, tot probleem opgeklaar het. (Derek Botha)

♦♦♦

Gee 'n mengsel van mosterd en sout in warm water, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie.

♦♦♦

Drink een teelepel koeksoda opgelos in een glas water.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

Vitamiengebrek aangespreek - Vitamien A

Die nasionale opname oor voeding in 2005 het bevind dat daar nog 'n groot vitamien A-gebrek in verskeie dele van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

Met voldoende vitamien A kan sterftes as gevolg van masels met 50% verminder word en sterftes as gevolg van diaree met 40%.

Suid-Afrika se minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het hierdie maand 'n nuwe poging van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van die belangrikheid van vitamien A. Die publiek word aangemoedig om kinders elke ses maande na klinieke te neem vir 'n dosis vitamien A. Dit moet gedoen word tot op die ouderdom van vyf jaar.

'n Gebrek aan vitamien A is die vernaamste oorsaak van blindheid by kinders. Dit veroorsaak ook nagblindheid en ander oogkwale. Lae vlakke van vitamine A word aan Alzheimer-siekte gekoppel. Daar is oor die algemeen 'n groter kans vir infeksie.

Vitamien A is een van die anti-oksidante wat vryeradikale in die liggaam onskadelik maak en jou gesondheid so beskerm. Dit beskerm die voering van die spysvertering-, urien- en asemhalingskanale teen infeksie.

Voedselsoorte wat belangrike bronne van vitamien A is sluit in eiergeel, groen en geel groente, suiwelprodukte, patats, olierige vis, patats, mango's en spinasie.

Swanger vroue moet 'n ekstra 350 mkg vitamien A per dag inneem.

Voeding

Die handeling van te voed of om gevoed te word.

Vrugwater

Die vloeistof wat die ongebore baba omhul staan bekend as vrugwater.

Uretritis

Uretritis is inflammasie van die uretra. Die uretra is die kanaal waardeur uriene na buite vloei. Die infeksie kan plaasvind indien die E. coli-bakterium in die uretra beland.

Nie-spesifieke uretritis kom voor weens 'n allergie of die oormatige gebruik van alkohol.

Die simptome sluit in 'n pynlike of branderige gevoel tydens urinering, herhaaldelike urinering en 'n wit of troebel afskeiding.

Die dokter sal normaalweg die toestand met antibiotika behandel.

Daar kan moontlik komplikasies ontstaan indien dit onbehandeld gelaat word.

Vriesbrand

Vriesbrand is weefselvernietiging wat veroorsaak word deur die blootstelling van 'n liggaamsdeel aan ernstige koue.

Die simptome is ledemate wat slaap, daarna voel die vel dood en styf. Die vel begin blou lyk en later swart.

Verwyder enigiets wat styf sit om daardie ledemaat. Die persoon moet na 'n warm area verskuif word. Maak die aangetaste gedeeltes warm met jou hand, MAAR moet nie vryf nie. Indien moontlik moet die aangetaste deel in 'n bad warm water gesit word. Maak dit agterna versigtig droog en verbind met 'n gaasverbind.



foto: Aleksandr Slobodianyk

16.1.09

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid verwys na die vermoë om kinders te kan voortbring.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Watter voorbehoedmiddel?

Voorbehoedmiddels verwys hier na enige middel wat met 'n geruste hart gebruik kan word om swangerskap te help voorkom.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Werwelontsteking / Spondilitis

Werwelontsteking (spondilitis) is 'n tipe artritis wat die werwelkolom aantas. Dit veroorsaak normaalweg rugpyn en -styfheid. Die rugwerwels mag ook vas aanmekaar groei. Dit kan ook ander bene laat vasgroei aan die werwelkolom en inflammasie veroorsaak in naasliggende ligamente en senings.

Spondilitis kom oor die algemeen by mans in hulle 20's en 30's voor. Die eerste simptome is lae rugpyn en -styfheid. Ander simptome sluit in koors, moegheid, 'n swak eetlus en inflammasie van die oë.

Die oorsake van die siekte is nie so duidelik nie, maar daar word vermoed dat dit oorerflik is.

Persone met werwelontsteking moet verkieslik op 'n harde matras slaap en met hulle rug reguit en met 'n lae kussing. Daaglikse oefening kan help om die styfheid te verminder en die spiere te versterk. Swem is verreweg die beste oefening vir werwelontsteking. Daar moet ook oefeninge gedoen word om diep te kan asemhaal.

Praat met jou dokter oor medikasie.

15.1.09

Wintersore

Wanneer jou ore opgeswel is weens koue. Die toestand is jeukerig en pynlik.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

11.1.09

Woedeuitbarstings

Herbert Mouton skryf:
"My vrou verwag haar tweede kind en ons dogter van 2jr 11 maande het 'n woede wat ons nie kan beskryf nie. Ons gee vir haar baie aandag en liefde, maar as ons in 'n winkel stap wil sy alles hê en begin dan te skreeu asof haar longe gaan uitval. Sy baklei ook vir ons even as ons slaap en sy raak wakker. Ek piets haar soms wanneer ons baie seer gekry het. My ma sê ons moet die kind by 'n sielikindige kry. Ons is moedeloos. Gee asb. raad. Ons is baie lief vir haar en as ons haar iewers stuur dan mis ons haar so verskriklik."

Antwoord: Woedeuitbarstings op hierdie ouderdom is nie ongewoon nie. Dit is die kind se manier om sy/haar gevoel te toon of te kommunikeer. Onthou hulle weet nog nie van beter nie en hulle kommunikasievermoëns is beperk. Dit is egter baie belangrik dat die kind leer dat hierdie tipe gedrag nie aanvaarbaar is nie. Eerstens moet jy daarop let dat die kindjie se basiese behoeftes vervul is. Is sy honger, dalk dors? Vermy situasies wat hierdie gedrag aanwakker. Vermy die gange in die winkel waar sy iets sal wil hê. Besluit vooraf wat jy gaan doen in geval van 'n vloermoer en hou daarby. Onthou dit gaan oor aandag, hetsy positief of negatief. Begin by die huis deur sulke gedrag te straf en te maak asof jy haar ignoreer, miskien vir haar te sê dat indien sy jou aandag wil hê moet sy normaal praat en woorde gebruik. 'n Straf vir die tipe gedrag sou wees om haar iewers op 'n vervelige plek te laat sit vir 'n minuut of twee en maak seker jy neem haar terug indien sy opstaan - nie in haar kamer nie. Indien sy tekere gaan daar waar sy sit maak jy asof jy haar nie sien nie. Sê dit hardop sodat sy hoor. Dit kan aanvanklik baie uitputtend wees, maar indien jy volhard behoort die probleem minder te raak. Kinders leer graag, sommige ouers gee egter te maklik op. Indien sy op ses- of sewejarige ouderdom nog steeds die gedrag toon is dit tyd om 'n sielkundige te gaan spreek.

6.1.09

Wurms

Jy kan besmet raak met wurms deur direkte kontak met besmette troeteldiere. Afhangende van die soort wurmbesmetting kan jy maagpyn kry, jou eetlus verloor, gewig verloor, diaree kry en rektale jeuking kan ook voorkom.

Ontwurm gereeld jou troeteldiere, sowat ses keer per jaar. Was ook altyd jou hande nadat jy aan diere gevat het. Was ook jou onderklere, bedlinne en handdoeke in baie warm water en bleikmiddel.

Wurms kan behandel word met vloeistof of tablette wat by apteke verkrygbaar is.