Werwelontsteking (spondilitis) is 'n tipe artritis wat die werwelkolom aantas. Dit veroorsaak normaalweg rugpyn en -styfheid. Die rugwerwels mag ook vasaanmekaar groei. Dit kan ook ander bene laat vasgroei aan die werwelkolom en inflammasie veroorsaak in naasliggende ligamente en senings.
Spondilitis kom oor die algemeen by mans in hulle 20's en 30's voor. Die eerste simptome is lae rugpyn en -styfheid. Ander simptome sluit in koors, moegheid, 'n swak eetlus en inflammasie van die oë.
Die oorsake van die siekte is nie so duidelik nie, maar daar word vermoed dat dit oorerflik is.
Persone met werwelontsteking moet verkieslik op 'n harde matras slaap en met hulle rug reguit en met 'n lae kussing. Daaglikse oefening kan help om die styfheid te verminder en die spiere te versterk. Swem is verreweg die beste oefening vir werwelontsteking. Daar moet ook oefeninge gedoen word om diep te kan asemhaal.
Praat met jou dokter oor medikasie.
16.1.09
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Hi my naam is alethea ek het onlangs na 6jaar op di 3maande inspyting gegaan sedert ek op di inspyting gegaan het voel ek nie myself nie ek eet meer as gewoonlik en ek kry nie meer daai lus vir my man nie kan die inspyting my dalk sulke hormone gee en my lat baie eet of wat kan dit wees?
ReplyDeleteDit kan wees dat die medikasie dit veroorsaak. Praat met jou dokter oor 'n ander sort medikasie, of 'n ander vorm van geboortebeperking.
DeleteGoeie dag enige voorstelle vir voorbehoed pille vir 20 jarige meisie??
ReplyDeleteDie ideal is dat jy die besluit saam met 'n dokter neem.
Delete