Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.1.09

Werwelontsteking / Spondilitis

Werwelontsteking (spondilitis) is 'n tipe artritis wat die werwelkolom aantas. Dit veroorsaak normaalweg rugpyn en -styfheid. Die rugwerwels mag ook vas aanmekaar groei. Dit kan ook ander bene laat vasgroei aan die werwelkolom en inflammasie veroorsaak in naasliggende ligamente en senings.

Spondilitis kom oor die algemeen by mans in hulle 20's en 30's voor. Die eerste simptome is lae rugpyn en -styfheid. Ander simptome sluit in koors, moegheid, 'n swak eetlus en inflammasie van die oë.

Die oorsake van die siekte is nie so duidelik nie, maar daar word vermoed dat dit oorerflik is.

Persone met werwelontsteking moet verkieslik op 'n harde matras slaap en met hulle rug reguit en met 'n lae kussing. Daaglikse oefening kan help om die styfheid te verminder en die spiere te versterk. Swem is verreweg die beste oefening vir werwelontsteking. Daar moet ook oefeninge gedoen word om diep te kan asemhaal.

Praat met jou dokter oor medikasie.

4 comments :

  1. Anonymous5/10/13 00:10

    Hi my naam is alethea ek het onlangs na 6jaar op di 3maande inspyting gegaan sedert ek op di inspyting gegaan het voel ek nie myself nie ek eet meer as gewoonlik en ek kry nie meer daai lus vir my man nie kan die inspyting my dalk sulke hormone gee en my lat baie eet of wat kan dit wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/10/13 08:30

      Dit kan wees dat die medikasie dit veroorsaak. Praat met jou dokter oor 'n ander sort medikasie, of 'n ander vorm van geboortebeperking.

      Delete
  2. Goeie dag enige voorstelle vir voorbehoed pille vir 20 jarige meisie??

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die ideal is dat jy die besluit saam met 'n dokter neem.

      Delete