Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.4.19

Superhelde goed vir jou fobies

Met Avengers: Endgame wat binnekort vrygestel word, het wetenskaplikes ’n interessante onthulling gemaak met betrekking tot Spider-Man en Ant-Man.

Volgens navorsers aan Ariel en Bar-Ilan Universiteite in Israel, help slegs ’n paar sekondes van blootstelling aan hierdie superhelde om die die vrees vir spinnekoppe en miere te verminder.

In terapie vir spesifieke fobies (bv. vir miere en spinnekoppe) word daar dikwels gebruik gemaak van neutrale blootstelling aan ’n stimulus verwant aan die fobie om die irrasionele vrees teen te werk. Navorsers het nou vir die eerste keer hierdie vorm van vermaak gebruik in behandeling en dit het deelnemers se vrees met sowat 20% verminder.

Avengers: Endgame begin binnekort draai en Spider-Man: Far From Home in Julie 2019.

Die vermoede bestaan ook dat die films gebruik kan word in die behandeling van posttraumatiese stres. Die navorsers gaan in ’n volgende studie hierop fokus.

Die navorsing is gepubliseer in die joernaal Frontiers in Psychiatry.

25.4.19

Slaaploosheid

Jou gemoedstoestand bepaal in 'n groot mate jou slaappatroon. Enige emosionele krisis, soos verhoudingsprobleme of siekte, kan 'n negatiewe invloed op jou slaappatroon hê.

Gaan spreek asseblief eerste jou dokter om seker te maak dat daar nie 'n mediese verklaring vir jou slaaploosheid is nie.

Boereraat:

Drink een koppie warm melk gemeng met een eetlepel heuning net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Derek Botha: 'n Uitstekende raat vir meeste slapeloosheidsgevalle: drink 1 tot 8 x 600 mg kapsules l-ornithine aminosuur poeier net voor jy in die bed klim. Dit gee sommer baie energie die volgende dag ook. Dis nie gewoontevormend nie, so jy kan dit daagliks gebruik.

(foto Naraosga)


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.4.19

Masels

Wanneer jy masels begin kry voel dit soos ´n verkoue, jou oë is rooi en geswel, jou hoes is hees en skor, jy is koorsig en mag opbring. Die simptome duur vir ongeveer 4 dae voor die uitslag kom.

Die uitslag begin normaalweg in die gesig en versprei dan na die nek en bors en dan na die hele liggaam. Soms is die gesig taamlik geswel. Die uitslag duur sowat 3 dae. Die uitslag droog weg. Gedurende die uitdroging kan maagwerking voorkom.

Gaan sien jou dokter onmiddelik as die uitslag donker en purperagtig is.

Drink koue water gedurende eerste 4 dae. Vermy sterk gegeurde kos gedurende hierdie tyd. Hou jou kamer donker, maar sorg vir genoeg ventilasie.

15.4.19

Hipotermie by babas

Babas kan aan hipotermie ly aangesien hulle probleme het om hul liggaamstemperatuur te reguleer.

’n Baba met hipotermie kan gesond lyk. Mens moet oplet na die gedrag.

Simptome en tekens
• Die baba is ongewoon stil, slaperig en slap.
• Die baba wil nie eet nie.
• Gewoonlik is die gesig, hande en voete helderpienk en het ’n gesonde voorkoms.

Sien Hipotermie vir behandeling.

11.4.19

Kruie vir kwale: Skok

Drink ’n bietjie suikerwater.

♦♦♦

Drink ’n bietjie rooipeper opgelos in louwarm water.

♦♦♦

Drink bietjie vars uitgedrukte suurlemoensap in louwarm water.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.4.19

Influensa

Influensa virusse is bekend daarvoor dat hulle pandemies veroorsaak wat uiters noodlottig is – die influensavirus van 1918-19 het ongeveer 20 miljoen mense wêreldwyd doodgemaak. Die Wêreldgesondheidsorganisasie hou ’n wakende oog oor alle influensa virusse, maak nie saak hoe klein die pandemie is nie.

Influensa versprei baie vinnig onder kinders, hoewel dit ouer persone is wat makliker sterf as gevolg daarvan. Persone wat ook meer blootgestel is aan die virusse sluit in: diegene sonder inentings, persone met hartsiektes, chroniese longsiektes en diabetes.

Pandemies ontstaan gewoonlik in die winter en dit versprei normaalweg deur druppels afkomstig van ’n nies of hoes.

Dit word normaalweg gekenmerk deur inflammasie van die slymvliese van die lugweë, koors, uitputting en ander wisselende simptome.

2.4.19

Verband tussen rooivleis en kolonkanker

Tydens ’n ondersoek na die rol van rooivleis, pluimvee, vis en ’n vegetariese dieet in kolonkanker het navorsers van Leeds Universiteit bevind dat diegene wat rooivleis eet meer geneig is om kanker te ontwikkel in die onderste gedeelte van die kolon.

Dit is nie die eerste navorsing wat bevind dat rooivleis ’n prominente rol speel in kolonkanker nie.

Leeds Universiteit se navorsing is gepubliseer in die International Journal of Cancer. Volgens die universiteit is meer werk nodig op die gebied, maar dis belangrik dat diegene met ’n geskiedenis van kolonkanker in die familie kennis neem van hierdie bevinding.