Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.4.19

Masels

Wanneer jy masels begin kry voel dit soos ´n verkoue, jou oë is rooi en geswel, jou hoes is hees en skor, jy is koorsig en mag opbring. Die simptome duur vir ongeveer 4 dae voor die uitslag kom.

Die uitslag begin normaalweg in die gesig en versprei dan na die nek en bors en dan na die hele liggaam. Soms is die gesig taamlik geswel. Die uitslag duur sowat 3 dae. Die uitslag droog weg. Gedurende die uitdroging kan maagwerking voorkom.

Gaan sien jou dokter onmiddelik as die uitslag donker en purperagtig is.

Drink koue water gedurende eerste 4 dae. Vermy sterk gegeurde kos gedurende hierdie tyd. Hou jou kamer donker, maar sorg vir genoeg ventilasie.

6 comments :

  1. Hilda Cabano8/9/10 18:46

    Gedurende watter tydperk is masels aansteeklik, my buurvrou se dogtertjie het gedurende die nag uitgeslaan en my dogtertjie was in kontak met haar oor die naweek alvorens sy uitgeslaan het.

    ReplyDelete
  2. Anonymous8/9/10 18:46

    Vier dae voor en na die uitslag.

    ReplyDelete
  3. Diana Ellis8/9/10 18:47

    My seuntjie van 2jaar en 6 maande is as baba ingeent teen masels (MMR). Hy is in 'n kleuterskool waar daar nog 'n kind is met masels. Ek is 26 weke swanger, hou dit enige gevaar in vir die fetus.

    ReplyDelete
  4. Anonymous8/9/10 18:47

    Indien jy nog nie masels gehad het nie moet jy kontak vermy met besmette kinders. Onder sulke omstandighede is dit lewensgevaarlik vir die fetus.

    ReplyDelete
  5. Anonymous4/10/10 19:08

    Beste keuse wat jy vir jouself en jou baba kan maak is om die inenting te vat en voorspoed maak vir wat voor le... vat 'n week af van die werk en klim in die bed.. Rus is 'n goeie vyand teen masels... Jy gaan net self beter voel as jy verseker weet jou imuniteitstelsel is reg vir die ergste.. Enigste medisyne wat ek sal voorstel is drink 'n halwe grandpa met genoeg water sodat niks die Fetus sal affekteer nie.. hou jou liggaam teen alle tye warm en sorg dat jy genoeg eet en gesond eet.. As jy nou in die geval is van Maselels aan doen... Bly tuis klim in die bed en wag die tyd deur... moet nie jou hart oorwerk nie want omdat Masels 'n virus is is dit geneig om die swakste (moegste) spiere aan te val... Sterkte vorentoe en ek glo dam nie jy is in gevaar nie..

    ReplyDelete
  6. Hi daar my dogtertjie het masels sy is 7jaar oud het die uitslag is al weg maar sy hoes verskriklik in die nag en dag is daars i

    ReplyDelete