Dit is moeiliker vir ’n bejaarde persoon om hul liggaamstemperatuur te reguleer.
Dit gebeur ongelukkig ook gereeld dat bejaardes ’n ontoereikende dieet het en min of geen verwarming. Hipotermie by bejaardes kan aangesien word vir ’n beroerte of hartaanval.
Behandel soos vir hipotermie.
Showing posts with label Hipotermie. Show all posts
Showing posts with label Hipotermie. Show all posts
3.6.19
15.4.19
Hipotermie by babas
Babas kan aan hipotermie ly aangesien hulle probleme het om hul liggaamstemperatuur te reguleer.
’n Baba met hipotermie kan gesond lyk. Mens moet oplet na die gedrag.
Simptome en tekens
• Die baba is ongewoon stil, slaperig en slap.
• Die baba wil nie eet nie.
• Gewoonlik is die gesig, hande en voete helderpienk en het ’n gesonde voorkoms.
Sien Hipotermie vir behandeling.
’n Baba met hipotermie kan gesond lyk. Mens moet oplet na die gedrag.
Simptome en tekens
• Die baba is ongewoon stil, slaperig en slap.
• Die baba wil nie eet nie.
• Gewoonlik is die gesig, hande en voete helderpienk en het ’n gesonde voorkoms.
Sien Hipotermie vir behandeling.
Etikette:
Baba
,
Hipotermie
25.3.19
Hipotermie
Hipotermie is ’n toestand
wat ontwikkel wanneer die liggaamstemperatuur tot onder ongeveer 35°C daal.
Matige hipotermie kan
normaalweg omgekeer word en die pasiënt herstel gewoonlik volkome. Herstel is
egter moeilik indien die temperatuur onder 26°C daal.
Dit word gewoonlik
veroorsaak deur: langdurige tye in koue water; ontoereikende beskerming teen ’n
koue omgewing; of bloot weens algemene blootstelling aan koue na ’n lang
tydperk in ’n swak verhitte huis.
Die vermoë van die
liggaam om te skerm teen koue word ondermyn deur alkohol en verdowingsmiddels.
Sekere mediese toestande soos suikersiekte kan ook ’n bydraende faktor wees.
Simptome en tekens
- ·
Die
persoon kla oor die koue
- ·
Die vel
word bleek – babas se vel kan pienk voorkom
- ·
Die
persoon voel abnormaal koud
- ·
Intense en
onbeheerde bibbering
- ·
Bibbering
kan toeneem en ’n gebrek aan spierkoördinasie en onduidelike spraak kan intree
- ·
Die
persoon kan irrasioneel optree
- ·
Die pols
en asemhalingstempo verlangsaam
- ·
Verlies
van bewussyn
MOET NOOIT AANNEEM dat die persoon dood is nie, al lyk dit asof daar
geen asemhaling en hartklop is nie.
Behandeling
1.
Plaas
isoleermateriaal om die persoon. Moet nie die hande of arms in regstreekse
kontak met die liggaam plaas nie. Maak seker die kop en nek is ook bedek, maar
nie die gesig nie. Laat die persoon lê. Plaas die persoon in die herstelposisie
indien bewusteloos.
2.
Verwyder
die persoon uit die koue omgewing na ’n warm area of vertrek.
3.
Indien die
persoon se klere nat is, verwyder dit.
4.
Gee ’n persoon
wat by sy/haar volle bewussyn is ’n warm, soet drankie.
5.
Begin met
resussitasie indien die asemhaling en hartklop ophou.
6.
Ondersoek
die persoon vir vriesbrand en behandel.
7.
Sorg dat
die persoon sodra moontlik by die hospitaal kom.
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)