Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Slaapversteurings. Show all posts
Showing posts with label Slaapversteurings. Show all posts

15.7.19

Wil jy jou drome onthou?

Nuwe navorsing aan die Universiteit van Adelaide het bevind dat vitamien B6 mense kan help om hul drome te onthou.

Vitamien B6 beïnvloed nie die helderheid, kleur of ander aspekte van drome of slaappatrone nie.

Dit kom natuurlik voor in verskillende kosse, insluitende graan, peulgewasse, vrugte (soos piesang en avokado), groente (soos spinasie en aartappel), melk, kaas, eiers, rooivleis, lewer en vis.

25.4.19

Slaaploosheid

Jou gemoedstoestand bepaal in 'n groot mate jou slaappatroon. Enige emosionele krisis, soos verhoudingsprobleme of siekte, kan 'n negatiewe invloed op jou slaappatroon hê.

Gaan spreek asseblief eerste jou dokter om seker te maak dat daar nie 'n mediese verklaring vir jou slaaploosheid is nie.

Boereraat:

Drink een koppie warm melk gemeng met een eetlepel heuning net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Derek Botha: 'n Uitstekende raat vir meeste slapeloosheidsgevalle: drink 1 tot 8 x 600 mg kapsules l-ornithine aminosuur poeier net voor jy in die bed klim. Dit gee sommer baie energie die volgende dag ook. Dis nie gewoontevormend nie, so jy kan dit daagliks gebruik.

(foto Naraosga)


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

30.4.18

Vis geassosieer met ’n hoër IK en beter slaap

Kinders wat minstens een keer per week vis eet, slaap beter en het IK-tellings wat gemiddeld 4 punte hoër is as diegene wat minder gereeld of glad nie vis eet nie.

Heelwat studies het alreeds ’n verband getoon tussen omega-3's, die vetsure in baie soorte vis, en verbeterde intelligensie, sowel as omega-3's en beter slaap. Maar die verband is nog nie voorheen bevestig nie.

Navorsing deur die Universiteit van Pennsylvania het nou ’n verband gevind en beklemtoon ook die belangrikheid van slaap. 541 kinders is in die studie betrek.

Die navorsers het voorgestel dat kinders op ’n jong ouderdom blootgestel word aan vis. Kinders is sensitief vir vreemde reuke en as hulle nie vroeg aan vis gewoond raak nie, kan hulle deur die reuk afgesit word.

Die navorsing is gepubliseer in die joernaal Scientific Reports.

16.10.17

Los slapende honde ... in die slaapkamer

Die meeste mense neem aan dat honde in die slaapkamer ’n ontwrigting is, of ongesond. ’n Studie deur die bekende Amerikaanse Mayo Kliniek het egter nou bevind dat dit goed is vir jou om met jou hond in dieselfde vertrek te slaap.

Volgens die navorsers bied troeteldiere emosionele gerusstelling en ’n gevoel van veiligheid aan hul eienaars. Laasgenoemde is waarskynlik nog meer so in lande met ’n hoë misdaadsyfer.

Dis egter nie altyd ’n goeie idee om hulle op die bed te laat lê nie, want sommige honde kan jou slaap versteur deur te veel rond te beweeg – of jy kan hulle slaap versteur.

So maak jou skaaphond gerus ’n slaaphond, maak net seker jy word nie in die nag aangejaag nie.