Die meeste mense neem aan dat honde in die slaapkamer ’n ontwrigting is, of ongesond. ’n Studie deur die bekende Amerikaanse Mayo Kliniek het egter nou bevind dat dit goed is vir jou om met jou hond in dieselfde vertrek te slaap.
Volgens die navorsers bied troeteldiere emosionele gerusstelling en ’n gevoel van veiligheid aan hul eienaars. Laasgenoemde is waarskynlik nog meer so in lande met ’n hoë misdaadsyfer.
Dis egter nie altyd ’n goeie idee om hulle op die bed te laat lê nie, want sommige honde kan jou slaap versteur deur te veel rond te beweeg – of jy kan hulle slaap versteur.
So maak jou skaaphond gerus ’n slaaphond, maak net seker jy word nie in die nag aangejaag nie.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 149 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
16.10.17
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment